Prettige omgewing die leerskool vir jonges
Hokkie
Die Wildekat hokkieliga vir spanne in twee laerskool-ouderdomsgroepe word vanjaar met N$22 000 deur Retirement Fund Solutions geborg.
Die onder 10's en o.13's se volgende wedstryde is Vrydag weer by die Windhoekse Skouterrein, vanaf 08:20 tot die laaste een wat om 18:00 afslaan.
Die strewe met hierdie liga is om aan jong kinders die geleentheid te gee om te speel in 'n omgewing waarin dit veilig is om hul vaardighede te ontdek en vertroue in hul vermoë op te bou.
Shayne Cormack, stigter van die liga, is een van Namibië se voorste uitgetrede spelers en deesdae ook 'n uiters suksesvolle afrigter vanaf beginner- tot elitevlak. Haar nasionale vrouespanne is altyd 'n turksvy vir Suid-Afrika of enige ander opponent.
Hokkie loop in 'n dik stroom deur die bloed van die ganse Cormack- en Bartlett-families en jy sal baie ver soek vir groter passie vir enige sport as in die geledere van Shayne, haar man Trevor, hul dogters Jerrica en Kiana asook Shayne se broer Russell (Bucko) Bartlett.
Die kleintjies se liga met vyf spanne wat die name van wilde katsoorte dra, is een van Shayne se passies.
“Ons hou daarvan om die spanne volgens verskillende vaardigheidsvlakke te vermeng; om jonger kinders kans te gee om tussen die ouer spelers te speel, en ook om seuns en meisies te meng. Ons moedig juniors aan om af te rig en om as skeidsregters op te tree en om by te dra tot die spel in 'n prettige leeromgewing,” sê Shayne.
“Dis wat ons 'n spelersliga noem, wat beteken die fokus is meer op die individue se ontwikkeling van selfvertroue met balhantering en om hulle toe te laat om verantwoordelikheid vir hul eie besluitneming aan te leer.
“Afrigters is wel teenwoordig om hulle leiding te gee, maar die klem is daarop dat hulle toegelaat word om te eksperimenteer, eerder as dat druk toegepas word om die liga te wen, wat van nature die doelwit in enige speler se gemoed is.
“Die formaat is dus meer ontspanne as in 'n amptelike skole- of klubliga. Ontwikkeling van die individue is die vernaamste fokus.”
• Die Wildekat-ligas vir o.13-seuns en meisies bereik komende naweek sy finale mini-toernooi. Dit sal bepaal watter twee spanne vorder om op Sondag 5 Maart in die eindstryd betrokke te wees.
Die onder 10-seuns en meisies se laaste mini-toernooi is op 4 Maart en die twee topspanne speel die volgende oggend in die finaal.
Die prysuitdeling is egter eers op 2 April – dieselfde naweek as die o.11- en o.12-streektoernooi.
Die nuutste puntestand:
Meisies onder 10: Cougars 9, Lions 7, Leopards 7, Jaguars 5, Cheetahs 2.
Seuns onder 10: Cougars 8, Cheetahs 7.5, Lions 8.5, Leopards 4, Jaguars 2.
Meisies onder 13: Cheetahs 13, Jaguars 9, Lions 9, Cougars 7, Leopards 7.
Seuns onder 13: Cougars 12, Cheetahs 12, Jaguars 11, Leopards 9, Lions 3.
Algehele gesamentlike puntestand: Cougars 53, Cheetahs 49, Jaguars 38, Leopards 38, Lions 37.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie