President soek antwoorde ná stormloop in Angola
Die polisie sê honderde geesdriftiges het probeer om by die reeds volgepakte stadion in te kom om die wedstryd te sien.
Pres. Jose Eduardo dos Santos van Angola het 'n ondersoek gelas na die oorsaak van die stormloop by 'n sokkerwedstryd waarin minstens 17 mense Vrydag dood is.
Talle sokkergeesdriftiges is beseer in dié stormloop by 'n stadion in die stad Uige, in die noorde van die land, toe honderde ondersteuners op die stadion se hekke afgestorm het.
“Ek betoon my solidariteit met die gesinne van diegene wat omgekom het en het die provinsiale regering van Uige aangesê om alle nodige hulp aan die beseerdes te gee.
“Ek het ook die owerhede gelas om 'n ondersoek te doen na die oorsaak van dié ernstige voorval,” het Dos Santos in 'n verklaring gesê.
Angop, die staatsbeheerde nuusagentskap, het berig die departement van sport het ook die plaaslike sokkervereniging en provinsiale owerhede gevra om die oorsaak van die voorval te ondersoek.
Ooggetuies het aan Reuters gesê die stormloop het begin toe 'n groot skare by die stadion probeer inkom het. Die stadion het slegs sitplek vir 8 000 mense.
Die mense by die wedstryd tussen Santa Rita de Cassia (die tuisspan) en Recreativo de Libolo (van Libolo) het paniekerig begin raak.
“Daar was 'n opeenhoping by die ingang. Dit het talle lewens geëis,” het Orlando Bernardo, polisiewoordvoerder, gesê.
Hy het gesê daar is 'n onbekende getal kinders onder die slagoffers en dat die beseerdes in hospitale behandel word.
Die polisie sê honderde geesdriftiges het probeer om by die reeds volgepakte stadion in te kom om die wedstryd te sien. Dit het tot 'n samedromming gelei en van die mense het geval. Baie van die mense is doodgetrap of het versmoor.
Die Recreativo de Libolo-klub sê op sy webtuiste terwyl die spelers op die veld was, het geesdriftiges probeer toegang kry tot die stadion en 'n hek het waarskynlik meegegee weens die druk van die skare. “Dit het veroorsaak dat verskeie mense geval het en hulle is toe letterlik deur die skare vertrap.”
Volgens ooggetuies het baie van die mense nie kaartjies vir die wedstryd gehad nie.
Angola, 148ste op Fifa se wêreldranglys, is een van die laer gerekende spanne wat Afrika-sokker betref.
– Netwerk24/Reuters/News24
SSokker het 'n tragiese geskiedenis van stormlope en sterftes in stadions wat dikwels toegeskryf kan word aan swak skarebeheer, gevaarlike persele en die gedrag van toeskouers.
* In 2001 is 43 mense dood en 155 beseer in 'n soortgelyke stormloop by 'n reuse-sokkerwedstryd tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs in Johannesburg se Ellispark-stadion. Vyf van die beseerdes was kinders jonger as 15.
* In 2009 het swak skarebeheer in Abidjan in die Ivoorkus die dood van 19 mense veroorsaak voor 'n uitspeelwedstryd tussen die Ivoorkus en Malawi vir 2010 se Wêreldbekersokkertoernooi.
* 'n Stormloop by die Accra-stadion in Ghana in 2001 het tot 127 sterftes gelei. By dié wedstryd het toeskouers wat woedend was omdat hul span verloor het, projektiele gegooi en stoele gebreek. Die polisie het toe traangasgranate gegooi wat tot die stormloop gelei het.
* In Mei 1964 is 320 mense dood en meer as 1 000 beseer in 'n stormloop by 'n wedstryd tussen Peru en Argentinië by Lima (Peru) se nasionale stadion. Toeskouers kon nie van die samedromming ontsnap nie en is vertrap of het versmoor.
* Brittanje het sy sokkergeriewe opgeknap nadat 56 mense in 1985 in 'n brand aan 'n houtpawiljoen dood is.
* 96 Liverpool-ondersteuners is dood in 'n samedromming gedurende die FA Cup-halfeindstryd in 1989.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie