President oor Heldedag
“Die sleutelboodskap van Heldedag is dat Namibiërs hul eie bevryders is – ’n boodskap wat fundamenteel vir die suksesse van ons rewolusie was en ons in gedagte behoort te hou terwyl ons na die tweede fase van die stryd vir ekonomiese bevryding beweeg.”
Só sê pres. Hage Geingob in ’n verklaring wat vandag ter viering van Heldedag uitgereik is.
“Op die dag, 54 jaar gelede, het Namibiërs die punt van geen terugkeer in die stryd teen kolonialisme oorgesteek.
“Op die dag, 26 Augustus 1966, het ons vryheidsvegters hul eerste gewapende aanval op die Suid-Afrikaanse militêre kontingent by Omgulu-Gwombashe geloods.
“Op hierdie dag het Namibiërs besluit om hul eie bevryders te word,” het die president geskryf.
Geingob sê in die verklaring groot verliese is vanjaar beleef toe verskeie van dié helde gegroet moes word en vra dat die land ’n minuut se stiltetyd aan hulle afstaan.
Hy sê ook dat vanjaar se Heldedag onder ongewone omstandighede gevier moet word. “Op hierdie punt wil ek hulde bring aan die helde en heldinne in ons gesondheidsorgsektor, die vegters in die voorste linies, wat ons gesondheidswerkers is.
“Hierdie dapper mans en vroue is ons verskansing teen ’n onsigbare vyand en ons salueer hulle vir die geweldige opofferinge wat hulle maak om Namibiërs se lewens te red – partykeer ten koste van hul eie veiligheid,” het hy gesê.
Hy het ook sy dank teenoor die minister van gesondheid en maatskaplike dienste en sy span uitgespreek vir die leierskap wat hulle in die uitdagende tye toon. Hy het ook kerk- en tradisionele leiers, nieregeringsorganisasies, werkers, die private sektor en alle Namibiërs bedank dat hulle saam met die regering teen Covid-19 staan. Hy het ook teen waninligting en onkunde gewaarsku.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie