President Geingob hou aan looi
President Geingob hou aan looi

President Geingob hou aan looi

Die staatshoof het gister opnuut kaalvuis ingeklim onder parlementariërs oor internasionale reise, die misbruik van diplomatieke paspoorte en die bekendmaking van bates.
Denver Kisting
Denver Kisting



President Hage Geingob het gistermiddag sy teleurstelling in die Nasionale Vergadering (NV) uitgespreek oor die feit dat minder as die helfte van die wetsontwerpe wat verlede jaar ter tafel gelê is, ­deurgevoer is.

Hy het tydens die opening van die parlement gesê hy sien veral uit na gehalte-debatvoering oor die wetsontwerpe op onderwys, planttelers en boereregte, finansiële instellings en markte en dié op die voorkoming en bestryding van teistering.

Die jaar van afrekening – Geingob se nou wydbekende tema vir 2018 – vereis erkenning vir dienslewering, gevolge vir diegene wat nie hul werk doen nie en 'n kultuur van sterk werks­etiek en géén ruimte vir geweld teen vroue en kinders nie.

Die president het verder gesê die parlement moet ook 'n platform bied vir die deel van inligting, debatvoering en nugter gesprekvoering oor sake van nasionale belang.

Die gehalte van debatte hang af van hoe doeltreffend staande komitees is.

“Ek glo meer kan gedoen word om die doeltreffendheid van staande komitees te verbeter. Die verkiesing van lede wat op dié komitees dien, navorsing en voorafberaadslaging met belangegroepe en voldoende voorbereiding sal alles die gehalte van debatte en die wette wat uiteindelik deurgevoer word, verbeter.”

Wetmakers het ook die verantwoordelikheid om hul kiesafdelings betyds in te lig oor sake wat in die parlement bespreek word, aangesien die wetgewende liggaam volgens pres. Geingob die wese van 'n insluitende en verteenwoordigende demokrasie daarstel.

Hy sal nooit moeg word om oor insluiting aan die hand van die begrip die Namibiese Huis te praat nie.

In dié Huis moet geen Namibiër uitgesluit voel, behalwe as jy jouself ver­skoon nie, het Geingob benadruk.

Pres. Geingob sê hy ontvang steeds talle navrae oor die verklaring van bates deur parlementariërs wat hy deurgaans na die speaker van die NV verwys.

Hy het toe die NV versoek om duidelikheid te verskaf oor 'n opvatting dat die verklaring van sodanige bates deur lede van die parlement (LP's) openbare inligting moet wees. Deursigtigheid en verantwoordbaarheid bly van deurslaggewende belang, sê hy.

Hy het ook agtergekom sekere LP's het internasionale kiesafdelings tot hul lys van verantwoordelikhede gevoeg.

“Ek het geen probleem met mense wat reis nie solank sodanige reise lei tot tasbare voordele vir die mense van Namibië. Die parlement soos ons dit ken, word beskryf as 'sittend' of 'in sessie' en nie as 'n 'reisende' parlement nie. Ons moet om konkrete redes reis en nie net omdat ons uitgenooi word nie.”

Geingob het terselfdertyd te velde getrek teen LP's wat reken hulle is geregtig op 'n diplomatieke paspoort.

“Dit is 'n maatstaf om diplomatieke werk te help fasiliteer wat in belang van die staat uitgevoer word. Dit het ten doel om doeltreffendheid te verbeter en nie prestige nie. Gestel 'n LP, wat nie verbied word om private sake te bedryf nie, gebruik 'n diplomatieke paspoort tydens 'n private sakereis, sal dit in voeling wees met die waardes waartoe LP's hulle verbind het?”

Wat die toenemende geweld teen vroue en kinders betref, sê Geingob wanneer hy kerk toe gaan, sien hy meer meisies as seuns in die kerk en, voeg hy by, mesies vang ook meer gereeld graad.

“So wanneer vroue meer opgelei is en meer geld maak, word julle (mans) jaloers en vermoor hulle. Julle moet begin kerk en skool toe gaan.”

Namibiese parlementariërs het veral nou die verantwoordelikheid om moue op te rol en harder te werk “ter wille van ekonomiese vooruitgang en nasionale welvaart ”, sê die staatshoof.

Intussen het die afgedankte minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Jerry Ekandjo, gister na afloop van die sessie ontken daar is enige kwade gevoelens tussen hom en Geingob. Hy sê hy dien reeds sedert 1990 as 'n minister. “Verwag julle ek moet vir ewig bly?”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026