President besoek Osona Village

Yandi Du Plessis
President Hage Geingob het Vrydag die Pensioenfonds vir regeringsinstellings (GIPF) se Osona-behuisingsinisiatief besoek. Dit was sy eerste besoek aan die Osona Village sedert hy die projek destyds ingewy het en die eerste bousteen tydens dié seremonie gelê het. Geingob het die projek geloof as 'n goeie voorbeeld van wat moontlik is as Namibiërs saamwerk om die land te bou. Hy het die behuisingsinisiatief beskryf as 'n “goeie manier om pensioenfondsgeld te belê”. Foto's Facebook (Namibian Presidency)

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer