Presidensiële nalatenskap
Die nalatenskap van drie staatspresidente wat saam sit en die toekoms beplan, is belangrik, het president Hage Geingob gesê toe hy Dinsdag met die stigterspresident, Sam Nujoma, en oudpresident Hifikepunye Pohamba vergader het. Dit was die tweede sitting van die presidensiële komitee wat Geingob verlede jaar met sy voorgangers gevorm het. Toe was dit om hulle vooraf in te lig oor sy Harambee-welvaartplan. By die opening van gister se vergadering by Staatshuis het Geingob gesê die gesprek sou agter geslote deure voortgaan en dat dit na verwagting lank sou duur. Net voor die media gevra is om die perseel te verlaat, het Nujoma en Pohamba almal 'n voorspoedige jaar toegewens. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie