Pres. Trump: Ek is nie 'n rassis
Nadat pres. Donald Trump Amerika se naam verlede week behoorlik deur die modder gesleep het, is immigrasiewetgewing in die land nou in gevaar.
Amerika se pres. Donald Trump het Sondag ten sterkste ontken dat hy ‘n rassis is nadat hy vulgêre uitlatings oor Afrikalande en Haiti tydens veelparty-onderhandelinge oor immigrasie gemaak het.
"Ek is nie ‘n rassis nie. Ek is die mins rassistiese persoon met wie julle nog ooit ‘n onderhoud gedoen het,” het Trump aan joernaliste by die Trump Internasionale Gholfklub in West Palm Beach, Florida, gesê.
Sy uitlatings dat Afrikane en inwoners van Haiti uit “sh*thole”-lande kom, het wêreldwyd veroordeling uitgelok.
"DACA is waarskynlik dood omdat die Demokrate dit nie regtig wil hê nie,” het Trump getwiet met verwysing na die “Deferred Action for Childhood Arrivals”-program wat die kern van die dooie punt oor immigrasie is.
Honderdduisende immigrante wat onwettig as kinders Amerika ingebring is - ook bekend as die "Dreamers" - staar deportasie in die gesig tensy ‘n kompromis bereik word wat hulle in staat sal stel om aan te bly.
Bilaterale onderhandelinge om die kwessie van die "Dreamers" op te los in ruil vir veranderinge wat Republikeine eis vir die manier waarop visums toegeken word, het ná Trump se opmerkings in duie gestort.
"Ek dink hierdie president neem ons terug na ‘n ander plek,” het John Lewis, ‘n kongreslid van Georgia wat aan die voorpunt van die 1960-burgerregtebeweging was, aan ABC se "This Week"-program gesê.
"Ek dink hy is ‘n rassis.”
"Ek kan nie die onverdedigbare verdedig nie,” het Mia Love, ‘n Republikeinse kongreslid, gesê wie se ouers uit Haiti geïmmigreer het en vir Trump voorspraak onder die Haitiaanse gemeenskap tydens sy verkiesingsveldtog gemaak het.
Trump hou vol met ‘n vae ontkenning dat hy sulke taal gebruik het en het nog geen poging aangewend om verskoning te vra nie. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie