Prentjiemooi
PIETROSSI SKRYF:
Tot op die voorblaaie! Glimlaggend, vrolik en bly. Hulle loop oor van bravade – 'n fantastiese spanfoto van die beweerde bosluise (bloedsuiers) van Visvrot-faam.
Parasites II – 'n Dokumentêre film oor die Fishrot-6. Aanspraakmaker vir ‘n globale toekenning.
En vat sy woord, "holier than thou"-geregtigheidsminister Sacky Shanghala dat alles vry en regverdig geskied het.
En vat sy woord, religieuse minister Esau – dat die bybelse seuntjie vrywillig sy bokkoms geskenk het, waaruit miljoene getoor is vir die hele honger "Namibian House".
Vir ons gewone Namibiërs was hierdie stink nuus byna heel onverwags en is daar genoeg rede vir uiteenlopende bespiegelinge. Daarteenoor is die Swapo-president se reaksie te verstane: Byterig, dreigend, superarrogant en skaam, danksy uitstekende, harde werk deur die media.
Geingob se innige prokkie-maatjie, Sisa Namandje, kan gerus vir ‘n wyle gaan bôrd by "State House" om die "chief" met raad en daad (verskonings) by te staan in sy donker, radelose uur.
Laastens moet die weermag- en polisiehoofkaders end kry om nou so erg te woef en spoke rond te jaag. Die kinders weet hoeka dat ‘n spook net ‘n wasempie met ‘n stankie is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie