Premierliga behoorlik op dreef
Die Saints-vroue se onoorwonne rekord is verbreek en hulle is nou net een ligapunt voor Wanderers.
Die Bank Windhoek veldhokkie premierliga het verlede naweek sy vierde week van aksie beleef met ses klubs van Windhoek wat uiters kompeterend is.
In die eerste wedstryd het die manspan van Unam vir DTS getakel en met 1-1 gelykop gespeel. Mbatata Uremena het met die eerste treffer vir die studentespan vorendag gekom, voordat Darren Roberts die gelykmaker vir DTS aangeteken het.
Nadat hulle die pas voltooide aandliga gewen het, was dit Saterdag die kans vir die Windhoek Old Boys Sportklub om sy ding teen NUST te doen. Ongelukkig vir NUST was die studentespan aan die ontvangkant van 'n loesing met 15-0. Dylan Finch het 'n driekuns behaal, terwyl Etienne de Villiers (2), Russell Bartlett, Dirk Human en Siyabonga Martins elkeen met twee doele getref het.
In die laaste manswedstryd van die naweek was dit die jeugdige Saints-span wat vir BDO Wanderers met 8-0 verslaan. Vir Saints het Nico Neethling met drie doele uitgestaan. Die wenspan se ander doele het van Dakota Hansen (2), Cody van der Merwe (2) en Petrus Human gekom, terwyl Richter van Rooyen se keerwerk in die doelkas 'n paar goeie aanslae van Wanderers deurstaan het.
Vroue
In die premierliga vir vroue was Old Boys die naweek se toonaangewende span toe hulle NUST met 5-0 klop. Jivanka Kruger het twee doele vir Old Boys aangeteken. Haar suster Jantwa Kruger, Dannielle Labuschagne en Elzanne Erasmus het ook elk een doel behaal.
Nadat die mans van BDO Wanderers deur Saints geklop is, het hul vroulike eweknieë egter vasgetrap om Saints se onoorwonne rekord dié seisoen met 2-0 (beide deur Bianca Muller) te beëindig. Wanderers se doelwagter Vicki Stiemert verdien lof dat sy vir Saints geen doele toegelaat het nie.
Die span van Unam wat DTS met 4-0 verslaan het, het daarop voortgebou dat hulle vroeër vanjaar die binnenshuise liga gewen het.
Met Maggy Mengo (2 doele) en Viola Simon (2 doele) in hul midde is dit altyd 'n moeilike taak om die studente hok te slaan.
Puntestand
Vroue: Saints 12, BDO Wanderers 11, Old Boys 8, Unam 4, NUST 0, DTS 0.
Mans: Old Boys 12, Saints 12, DTS 10, Unam 6, BDO Wanderers 4, NUST 0.
• Die volgende wedstryde word eers oor twee naweke gespeel:
Saterdag 5 Augustus by Windhoek Gimnasium Aloe Park: DTS tn NUST (mans) 15:20; DTS tn NUST (vroue) 14:00.
Sondag 6 Augustus by WHS Davin Astro: Saints tn WOBSC (mans) 10:00; Saints tn WOBSC (vroue) 11:20.
Sondag 6 Augustus by WAP Astro (Wanderers): BDO Wanderers tn Unam (mans) 11:20; BDO Wanderers tn Unam (vroue) 10:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie