• Tuisblad
  • Sake
  • Premier verkoop 13 m. minder brode weens staking
Premier verkoop 13 m. minder brode weens staking
Premier verkoop 13 m. minder brode weens staking

Premier verkoop 13 m. minder brode weens staking

Net 30% van alle brood in Suid-Afrika word volgens die groep in die formele mark verkoop.
Nellie Brand-Jonker – Die kosgroep Premier se broodverkope het in die halfjaar tot einde September met 4% of 13 miljoen tot 265 miljoen gedaal omdat dit langer as verwag duur om van ’n staking in die Kaapse bakkerybedryf te herstel.

In die halfjaar tot einde September verlede jaar is 278 miljoen brode verkoop, volgens die beleggingsmaatskappy Brait se resultate vir die halfjaar. Die maatskappy besit 96% van Premier.

Dis een van die beleggings wat in die komende vyf jaar verkoop gaan word as deel van Brait se nuwe strategie.

“Brood bly ’n belangrike kategorie vir Premier omdat dit ’n relatief hoë marge en grootskaalse voedselkategorie in Suid-Afrika is. Die eienskappe word aangevul deur die gunstige kontantvloei-dinamiek van brood en dat daar ’n betreklik goed gebalanseerde vraag en aanbod in die mark is,” lui die verklaring.

Die inkomste uit brood was onveranderd in die halfjaar. “Dit sit die tendens voort van die afgelope drie jaar van beperkte inkomstegroei weens deflasie in die kategorie.”

Premier se markaandeel in die formele mark beloop 23%. Dit sluit in Blue Ribbon, BB Bread in KwaZulu-Natal, Star Bread en Mister Bread in die Oos-Kaap.

In die Wes-Kaap hou hy ’n markaandeel van 31% en in die Oos-Kaap 28%.

Net 30% van alle brood in Suid-Afrika word in die formele mark verkoop, volgens Premier. Die res word in die informele mark verkoop waar broodverkope nie betroubaar gemeet word nie.

Premier besit ook Snowflake-koekmeel. “Die mededinging bly intens in die kleinhandel en die nywerheidsmark omdat daar ’n ooraanbod is.”

Sy inkomste uit koringmeel het met 20% gestyg, terwyl 12% meer meel verkoop is, wat beteken die res spruit uit prysverhogings. Sy winsmarges op die produk het egter met 15% gedaal.

Sy markaandeel nasionaal in die kleinhandel is 24%. Sy markaandeel vir koekmengsels is 36%.

Premier besit ook die mieliemeel Iwisa, Impala, Nyala, Invicta en Super Sun. Sy inkomste uit mieliemeel het met 12% gestyg. Dit is danksy sy gemiddelde verkoopspryse wat met 14% gestyg het, want nie meer meel is verkoop nie. Sy markaandeel in die formele mark is 15%.

Premier se inkomste het in geheel met 7% gestyg.

Sy bedryfswins voor finansieringskoste en waardevermindering (ebitda) het met 4% gedaal.

“Die ekonomiese toestande in Suid-Afrika bly moeilik met hoë werkloosheid en lae groei wat verbruikers voortdurend onder druk plaas.

“Die handelsomgewing word gekenmerk deur voortgesette swaar promosies deur verskaffers om volumes wat verkoop word, te behou in die swak omgewing.

“Premier se winsmarges is benadeel as gevolg van sy koste wat gestyg het, maar wat nie ten volle aan verbruikers deurgegee kon word nie.”

Die maatskappy fokus steeds daarop om sy bedryfskoste te verminder. Sy personeel is met 5% verminder.

Premier is Brait se tweede grootste belegging wat die waarde van al sy beleggings betref. Die belang in Premier beloop R8,5 miljard of 28% van die waarde van sy beleggings.

Virgin Active kry lewe met Vitality

Die oefenklubgroep Virgin Active se inkomste in Suider-Afrika het in die nege maande tot einde September vergeleke met die ooreenstemmende tydperk amper 5% tot £176 miljoen (R3,3 miljard) gestyg.

Dit volg nadat sy lede met 4% tot 736 000 toegeneem het danksy ’n nuwe Vitality-program en sy bemarking wat verbeter is.

In die oorsigtyd is drie klubs in Suid-Afrika gesluit. Koste is ook verminder deur personeel te verminder en op huur te bespaar deur die heronderhandeling van kontrakte.

Virgin Active het die meeste klubs en lede in Suider-Afrika van al die plekke waar hy bedrywig is insluitende

Brittanje, Italië, Australië en Thailand. Sy inkomste het in geheel 3% tot £451 miljoen verhoog.

Sy totale lidmaatskap het 3% tot 1,1 miljoen gestyg. Brait besit 71,9% van Virgin Active.

Die belang verteenwoordig 54% van die waarde van sy beleggings van altesaam R29,8 miljard.

Brait se nettobatewaarde per aandeel het van einde Maart met 9% tot R38 gedaal.

Sedert 2011 se nettobatewaarde van R16,50 het sy nettobatewaarde per aandeel 10,3% per jaar gegroei.

Brait se grootste aandeelhouer Christo Wiese het in 2011 sy belang bekom en die maatskappy se sakemodel na ’n beleggingsbeheermaatskappy verander. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.32 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.32 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.25/OZ DOWN -0.0056 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 979.60/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 83.76/BBP UP +0.90% | Platinum US$ 1 003.58/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.32 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.32 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.25/OZ DOWN -0.0056 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 979.60/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 83.76/BBP UP +0.90% | Platinum US$ 1 003.58/OZ UP +1.05%