Predikantspaar in Botswana gekaap, beroof
Predikantspaar in Botswana gekaap, beroof

Predikantspaar in Botswana gekaap, beroof

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - 'n Bekende afgetrede predikants­paar van Gobabis sterk in Suid-Afrika aan nadat hul voertuig Vrydag naby Lobatse in Botswana deur vier mans gekaap is.

Hulle is deur die mans aangerand en beroof en later langs 'n afgeleë grondpad afgelaai, vasgebind en in die veld agtergelaat.

Ds. Roelf du Plessis (75) en sy vrou, Wilna (72), was via Botswana met vakansie op pad na hul kinders in Suid-Afrika toe hul Toyota Fortuner by Lobatse gekaap is.

Ds. Werner van den Heever, predikant van die Gereformeerde kerk op Gobabis, waar Du Plessis ook voorheen leraar was, het die voorval gister telefonies bevestig.

Volgens hom het die Du Plessis-egpaar vroeg Vrydagoggend van Kang af na Lobatse gery nadat hulle die vorige aand daar oorgeslaap het.

Van den Heever sê aangesien hulle tydens die kaping van onder meer hul selfone beroof is, was dit tot dusver moeilik om met hulle kontak te maak.



op grondpad afgelaai

“Wat ons weet is dat die vier mans met hulle nog in die voertuig, uit Lobatse gery het en hulle in die veld langs 'n stil grondpad gaan aflaai het.”

Van den Heever sê die rowers het hulle “hardhandig” hanteer en vasgebind.

“Hulle is genadiglik nie ernstig beseer nie.”

Du Plessis het blykbaar ná 'n lang gesukkel daarin geslaag om los te kom, waarna hy na die pad gestap het om hulp te ontbied.

'n Weldoener het hom en sy vrou na die polisiekantoor op Lobatse geneem waar hulle die voorval aangemeld het en hul kinders in Suid-Afrika gekontak het.

Aangesien hul paspoorte saam met al hul ander besittings in die geroofde voertuig was, moes hulle Vrydagaand op Jwaneng oorslaap.



Van den Heever sê die polisie in Botswana het intussen Vrydag 'n reusesoektog van stapel gestuur. Die Du Plessis-egpaar se voertuig is dieselfde aand nog naby die Ramatlabama-grenspos tussen Botswana en Suid-Afrika gevind.

Die vier rowers het te voet met die bejaarde egpaar se selfone, skootrekenaar en geld verder gevlug. Hul paspoorte en ander dokumente, asook hul klere, is in die voertuig agtergelaat.

Volgens Van den Heever het die polisie in die buurland gister nog na die voortvlugtende rowers gesoek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A