Pragtige gevaarlike ysberg bedreig dorpie
Pragtige gevaarlike ysberg bedreig dorpie

Pragtige gevaarlike ysberg bedreig dorpie

’n Piepklein dorpie in die noordweste van Groenland word deur ’n pragtige, dog gevaarlike, reusagtige ysberg bedreig.

Daar word gevrees dit kan ’n tsoenami veroorsaak wat die hele dorpie kan verswelg. Stukke van die ys val reeds in die see en veroorsaak golwe wat by die dorp instroom. Reuters berig ’n inwoner van Innaarsuit het aan die plaaslike nuusdiens KNR gesê hulle het voorheen groot ysberge gesien, maar hierdie een is die grootste nog.

Die polisie het bevestig hulle het mense uit die laagliggende dele verskuif en ’n helikopter is gereed om te help. Altesame 170 mense woon in die dorpie. Verlede jaar is vier mense in die noorde van Groenland dood nadat yslike golwe ’n kusdorpie verswelg het. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-11-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer