Prado binne en buite opgekikker
TOYOTA se Land Cruiser Prado het pas ’n verjongingskuur ondergaan. Die Prado VX-petrol kry die volle kosmetiese kuur, met ekstra chroom binne en buite asook swart houtafwerking.
Allooie is voortaan ook ’n rokerige grys. Hierdie kosmetiese veranderinge is aanvullend tot onlangse spesifikasie- verbeteringe, wat AVNstembeheerde DVD-satellietnavigasie met ’n gesplete skerm en ’n volledige Suid-Afrikaanse kaartstelsel insluit.
Die AVN-stelsel kombineer met ’n 6CD met RDS-radioklank, wat MP3/WMA-vriendelik is. Die VX-petrolmodel kry ook stuurwielkontroles. Die res is kenmerkend Prado, wat min of meer die taaiste moontlike veldwiele waarborg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie