Praat, luister – en pas aan
Die hele wêreld moet voortdurend nuwe lesse uit die Covid-19-pandemie, reaksies daarop en die gevolge leer.
Ook Namibië moet die gulde geleenthede aangryp. Nuwe insigte moet nie weer vergeet word nie.
Die hof se beslissing gister oor regeringsingryping in die ekonomie op die front van arbeidskwessies, is ‘n belangrike voorbeeld. In die demokrasie word sekere verhoudings deur middel van die beskerming van betrokke partye se regte gereël. Lukrake opheffings hiervan kan die demokrasie self erodeer.
Midde krediet wat die regering toekom oor sy jongste, realistiese reaksie op die pandemie, is daar verskeie kwessies wat verdere gesprek benodig eerder as om onpraktiese sjablone van bo op almal af te druk.
‘n Toetslopie met internasionale toerisme vanaf 15 Julie hou kreatiewe moontlikhede in. Die regering wys hy luister na die bedryf. Twee kwarantynperiodes, beide 14 dae lank, voor en ná sulke besoeke lyk egter onprakties en kan besoekers eerder afskrik.
Enkele weke bly oor vir gesprek oor oplossings. Ope gesprek moet ook in ander ekonomiese sektore voortduur.
‘n Mens kan verstaan hoekom kroeë en sjebeens steeds beheer moet word, maar die beperking tot wegneemdrankies tot 17 September, byna drie maande van nou, kan sonder ‘n middeweg baie inkomste en werke kos.
Voorafbesprekings vir besoeke aan dobbel- en kuierplekke is ook nie rasioneel nie. En te min besonderhede is oor sport- en vermaakbyeenkomste verstrek.
Kom ons hou aan gesels. En vind mekaar in belang van gesondheid en die ekonomie.
So sê ander
23 Junie 2020
De Klerk-kwessie belig voortgesette vervreemding
Die voortdurende opstel van oud.pres. FW de Klerk as ’n teiken, wat die gruweldade van apartheid verteenwoordig, belig ’n voortgesette vervreemding in Suid-Afrika tussen verskillende mense en spesifiek ook tussen wit en swart.
Die kwessies het nou uiters kompleks verweef geraak, met bewegings soos #BlacksLivesMatter en hedendaagse frustrasies van diegene wat meen swart mense wêreldwyd en in Suid-Afrika word steeds deur die samelewingstruktuur onderdruk.
Uiteraard is daar in die proses heelwat opportunisme ook.
Daar moet gepoog word om begrip vir ander se pyn te toon. En hoe moeilik ook al, ’n soort weg saam daaruit te bou.
Om in ’n opbouende interaksie oor mekaar se verstaan van die verlede te voer, is belangrik. Maar ons kan nie die meeste van ons energie daarin stort om ’n beter verlede te bou nie. Die land se mense, en veral die armes, kort ’n beter hede en toekoms.
De Klerk en Mandela se bydrae was monumentaal. Om dit ongedaan te maak weens gebreke wat met insigte agterna bekom word, kan ’n wantroue skep dat geen ooreenkoms, ook met nou se beperkte insigte, ooit die moeite werd sal wees nie.
Suid-Afrikaners gaan hul wedersydse toondoofheid (wat ook uit die FW de Klerk-stigting se gange blyk) moet ontgroei en dapper genoeg wees om eerlik en reguit, maar sensitief en opbouend te wees.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie