Pottebakkers bied sewende biënnale aan
Die Pottebakkersvereniging van Namibië (Pan) se sewende Nasionale Keramiek Biënnale open op Donderdag 3 September by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) en word vanjaar weer deur Bank Windhoek ondersteun. Pottebakkers ding in die biënnale mee vir onder meer die premiertoekenning in die wielwerk-, handwerk-, beeldhoukuns- en landelike kategorieë. Die internasionaal bekende Suid-Afrikaanse pottebakkers Anton en Hanlie Bosch se kunswerke sal ook uitgestal word. Hulle is die genooide sprekers vir die geleentheid en sal ook slypskole van 5 tot 6 September in Windhoek aanbied. Die uitstalling sluit op 30 September. Links op die foto is Izaan Pauw, Pan se uitvoerende hoof, en Rosemarie Pretorius, eienaar van Rosi’s Pottery-ateljee. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie