Post-pandemie: Veerkragtige leiding nodig
Regerings moet innoverend wees
Dr. Kobus Laubscher
Die samelewing en die ekonomie is sat van die gevolge van Covid-19 en al hoe meer mense en drukgroepe eis dat daar met die heropbou begin word.
In baie gevalle is dit die laaste hulpkreet van 'n ekonomiese drenkeling wat eenvoudig gaan verdrink in die see van skuld en gebrekkige herstelvooruitsigte.
Daar is egter duidelike smekinge om te help, en hierdie appèlle op die staat is gediversifiseerd, verdiepend en dringend. Daarteenoor is daar ongelukkig ook bewyse dat beleidsontwikkeling as teenvoeter vir die dilemma, ver agter tegnologiese ontwikkeling en innovasie is. Die mense wat afhanklik is van regerings verwag van staatsorgane om meer innoverend te wees ten opsigte van hulle verantwoordelikhede.
So ontstaan daar 'n gaping, want die nuwe normaal vereis veerkragtigheid om tydig te kan reageer en stel dit ook duidelik dat beleidsontwikkeling nie net beperk hoef te word tot regerings nie. Nieregeringsinstansies moet die taak kan uitvoer, maar ook toegelaat word om deel te neem. Die pandemie wys op die baie nadele as die staat hom sien en laat geld as die enigste skepper van beleid.
Die betrokkenheid van gemeenskappe (as 'n kollektief van dié buite die regering) in die formulering beteken gedeelde eienaarskap van 'n uitkoms wat die gang van sake kan rig. So 'n waardesisteem ontlok komplementerende deelname vanuit die staat, veral waar baie belanghebbendes betrek word.
Populisme dreig egter baie keer om die waardes wat deur gemeenskapsbetrokkenheid voorop gestel word, te ontwrig. Die waardes wat so voorrang geniet, laat geen plek vir afwykende gedrag soos korrupsie ensovoorts nie.
Die jongste vlaag van beweerde bedrog by hulpverlening aan mense wat weens die pandemie ly, sny die morele spierkrag van al hoe meer raak. Dit lei weer tot teenkanting vanaf die geraaktes tuis omdat al hoe meer die waarde van hulle regte en waardes besef.
Die euwel van korrupsie druis in teen wat al hoe meer mense sien as die verkeerde ding om te doen. Hierdie verandering moet stukrag kry deur die regte leiding.
Tot en met die pandemie het regerings beleidsontwikkeling en – implementering tegnies geannekseer. Waar regerings uit pas geraak het met tegnologiese ontwikkeling, is en word daar gepoog om deur regulering sulke prosesse se toepassing te bestuur. Daar moes aangepas word by wat die staat aanbied met bitter min vermoë by regerings om te versnel wat ontwikkeling en toepassing betref.
Dit in sigself het wesentlike vertragings tot gevolg soos wat die geval kan wees waar die Suid-Afrikaanse departement van landbou tans besig is met die opstel van 'n meesterplan vir die heropbou van die landbousektor. Belangrike insette vanuit die privaat sektor word nie gesien as noodsaaklik genoeg vir die opstel van 'n werkbare plan nie. Dié toedrag van sake gaan die ekonomie ontneem aan die werklike waarde wat die landbou kan lewer. Dis hier waar leiers in die regering strategies rats moet wees, en dit ontbreek helaas.
Ons lewe in 'n tyd van toenemende afhanklikheid van tegnologie en kunsmatige intelligensie verbeter hand oor hand. Dit maak baie menslike handelinge onnodig, maar skuif beheer en kontrole weg van regerings. Beheerbehepte regerings doen alles in hulle vermoë om beheer deur middel van regulasies te behou, maar die toepassing van tegnologie maak dit grootliks ongedaan.
Maatskappye en nieregeringsorgane ontwikkel beheer protokolle en pas dit toe. Die word 'n nuwe konvensie. Bogenoemde is enkele aspekte wat afgelei kan word uit navorsing aan die Universiteit van Oxford.
Dit maak mens bang as jy lees van leiers in die regering wat hulle nou moet verontskuldig teen korrupsieklagte. Die feit dat hulle verdink word, is 'n aanduidig van die gebrek aan veerkragtigheid.
Die impak van die pandemie kan gevolglik baie langer neem om oorkom te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie