Portugese wil twee hospitale op kusroetes bou
Des Erasmus - ‘n Groot Portugese geldskieter met internasionale beleggings in 22 lande, Isidisiro, beywer hom nou vir die oprigting van hospitale op Hentiesbaai en Arandis in die Erongostreek. Arandis, wat in die middel van die Namib is, kan die grootste begunstigde wees met ‘n mediese skool wat in oorleg met die Universiteit van Namibië (Unam) daar gevestig kan word.
Die voorsitter van die bestuurskomitee van Hentiesbaai se dorpsraad, mnr. Michael Skini, het die Portugese belangstelling aan Republikein bevestig.
Die onderhandelinge het so ver gevorder dat daar reeds op ‘n lap grond vir die hospitaal op die Noordduin, net noord van Unam se bestaande kampus, ooreengekom is.
Die Portugese sending het verlede week op Hentiesbaai uit vyf kundiges bestaan.
Isidisiro het die moontlikhede reeds op ministeriële vlak met die Universiteit van Namibië bespreek voor die vakansieoord besoek is.
Die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, is ook in die planne geken.
Volgens Skini het die afvaardiging op Hentiesbaai eers met die volle bestuurskomitee vergader.
Hul voorlegging is eenparig deur die bestuurskomitee aanvaar en het daarna voor die volle raad gedien, waar die ja-woord ook gegee is.
Volgens hom het die voorgestelde terrein ook byval by die groep van vyf gevind.
Aan die einde van die gesprekke is ‘n memorandum van wedersydse begrip (MOU) deur die partye onderteken. Volgende stappe kan wees om bouplanne voor te lê en ‘n tydskedule vir die ontwikkeling daar te stel.
Volgens Skini was dit opvallend dat die Portugese ook belangstelling in die ontwikkeling van Hentiesbaai se waterkant getoon het.
Die hospitaal op Arandis sal onder meer die verskillende myngemeenskappe in die Namib bedien en ook die naaste bystand lewer vir die talle slagoffers van motorongelukke op die B2-hoofweg na die binneland.
‘n Nuwe teerpad tussen Swakopmund en Hentiesbaai sal moontlik gebou word, wat uiteindelik na Uis en selfs Khorixas verleng kan word as nuwe korridor van Walvisbaai se hawe na die buurlande in die Noorde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie