Porno-ster dagvaar Trump

08 March 2018 | Internasionaal
'n Pornografie-ster het pres. Donald Trump van Amerika Dinsdag gedagvaar om 'n “stilswye-ooreenkoms” oor hul beweerde intieme verhouding ongeldig te laat verklaar omdat hy nooit die dokument onderteken het nie.

'n Regsgeleerde van Los Angeles, Michael Avenatti, het 'n afskrif van die regsgeding wat namens die porno-ster Stormy Daniels ingedien is, op sy Twitter-rekening gepubliseer. Daniels se regte naam is Stephanie Clifford.

In die hofstukke word aangevoer dat sy vanaf 2006 tot 2007 'n intieme verhouding met Trump gehad het. Sy wou die inligting bekend maak nadat Trump die Republikeinse Party se nominasie vir die presidentskap gewen het, en ander vroue na vore gekom en beweer het hulle het ­seksuele verhoudinge met hom gehad. Met die hulp van sy regsgeleerde, Michael Cohen, het Trump “aggressief probeer om me. Clifford stil te maak en te verhinder dat sy die waarheid praat. Sodoende is gehelp dat hy die presidentsverkiesing gewen het,” lui die hofstukke. Cohen het die stilswye-ooreenkoms voorberei. 'n Afskrif daarvan is deel van die hofstukke. Volgens die ooreenkoms sou 'n betaling van US$130 000 uit die rekening van 'n maatskappy bekend as Essential Consultants LLC aan Clifford in ruil vir haar stilswye betaal word.

Met die gebruik van die skuilname Peggy Peterson en David Dennison, sou Clifford en Trump die ooreenkoms saam met Essential Consultants onderteken.

Enkele dae voor die November 2016-presidentsverkiesing het Clifford en Cohen namens Essential Consultants die dokument onderteken. – Nampa/AFP

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

9 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

9 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

9 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

9 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

9 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...