Porno-bom skud niksvermoedende ouers
Windhoek se vermeende kinderverkragter en vervaardiger van kinderpornografie vir buitelandse verkope, bly in aanhouding.
Ronelle Rademeyer - Nog klagte kan ingedien word teen die man wat minderjarige seuns in die hoofstad na bewering jare lank al vir die vervaardiging van kinderpornografie verkrag en misbruik het.
Borgtog is in die Windhoek-landdroshof geweier aan die 48-jarige mnr. Johann Maree wat tereg staan op 40 klagte wat verband hou met die vervaardiging van pornografiese materiaal. Dié video’s en foto’s is na bewering deur middel van die internet aan buitelanders verkoop.
Die ouers van sommige van die seuns wat sy slagoffers was, het gister vir ure lank saam met joernaliste by die hof gewag vir sy saak om voor te kom.
’n 19-jarige man het spesiaal vanaf Swakopmund na Windhoek gery om teenwoordig te wees wanneer hy verskyn. “Ek was 13 jaar oud toe hy (Maree) met my vriende gemaak het,” het hy vertel.
Hy was een van die vermeende pedofiel se slagoffers en het aan Republikein gesê “ek het dit agter my gesit”.
“Hy het dit drie keer met my gedoen en toe het ek vir hom gesê dit is klaar, ek gaan dit nie weer toelaat nie. Ek het vir hom gesê hy moet wegbly van my jonger boetie af. Dis oukei dat dit met my gebeur het, ek is sterk. Maar hy moet my boetie uitlos.”
Volgens hom het hy toe hy 13 jaar oud was by Maree gekuier en “’n hele bottel brandewyn” uitgedrink. “Hy het vir ons drank gegee as ons daar kuier.”
Sy ma, wat ook by die hof was, het vertel sy ken Maree van haar jong dae af, en hulle het huisvriende geword en oor en weer begin kuier nadat hy met haar seun bevriend geraak het.
“Ons het Vrydag vir die eerste keer hiervan gehoor toe die speurder ons kontak. Toe ons die seuns vra, het hulle vertel wat gebeur het. Ek kan sien hulle is verlig dat dit bekend geword het wat hy doen.”
Haar vriend het vertel Maree “was baie manipulerend”.
“Hy het vir die seuns baie duur selfone gekoop, N$4 000 en N$5 000 se selfone, nie soos my goedkoop foon nie. Hy het soms spanning tussen ons en die seuns veroorsaak sodat hulle nie by die huis wil wees nie en na hom toe wou gaan,” het hy vertel.
‘n Ander ma het vertel Maree het haar laerskoolseun en verskeie ander seuns van sy skool se swemlesse betaal. “Hy het hulle smiddae by die skool gaan haal en na sy huis toe geneem. Later het hy hulle swem toe gevat en hulle dan weer met hulle na sy huis toe.
Dit blyk die vermeende pornografiese bedrywighede het aan die lig gekom toe polisiemagte in die buiteland, asook Interpol, ’n internetspoor begin volg het.
Maree het twee Facebook-profiele. Op die een bemark hy homself as ’n fotograaf wat sport en jong modelle afneem. Op die ander een adverteer hy sy dienste as ’n privaat speurder.
Nog ’n ouer het vertel hy bedryf na bewering ’n webwerf waarop die foto’s van verskeie jong seunsmodelle verskyn.
By nader ondersoek blyk dit die webwerf het 2 965 geregistreerde gebruikers. Belangstellendes kan teen US$450 eksklusiewe toegang tot materiaal kry. Hulle kan met bitcoin betaal.
Die versekering word gegee die jong seunsmodelle se ouers het skriftelik toestemming verleen dat die foto’s geplaas word. Verder word verklaar dit bevat geen kinderpornografie nie.
KLAGSTAAT
Maree staan tereg op agt klagte van verkragting, agt van onsedelike aanranding, agt wat verband hou met oortredings van die Wet op die Bekamping van Immorele Praktyke, agt klagte van mensehandel, asook agt klagte onder die Wet op Kindersorg- en -beskerming.
Laaste oortredings hou verband met die wyse waarop hy die minderjarige seuns seksueel uitgebuit het om kinderpornografie vir kommersiële doeleindes te vervaardig.
Me. Adrie Hendricks, vir die staat, het aan die hof gesê borgtog word teengestaan aangesien die ondersoek nog in sy kinderskoene is. Sy sê verskeie klagte kan nog by dié 40 gevoeg word. “Die staat het nog 14 slagoffers geïdentifiseer en ’n verdere 12 moet nog opgespoor word.”
Landdros Ndapewa Celma Amadhila het die saak tot 28 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel en gelas dat hy in aanhouding bly.
Maree het sonder regsverteenwoordiging verskyn. Hy het aan die hof gesê sy prokureur het nie opgedaag nie. “Ek neem aan hy stel nie belang in my saak nie.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie