Poolse maatskappy noteer op JSE
Poolse maatskappy noteer op JSE

Poolse maatskappy noteer op JSE

Jo-Mare Duddy Booysen
Echo Polska Properties (EPP), waarin Redefine Properties ’n strategiese belang van 49,9% hou, het dié week suksesvol sy buiging op die JSE gemaak.
Die eiendomsfonds wat in Warschau in Pole gesetel is, het ’n portefeulje met ses kantoorparke en tien kleinhandeleiendomme met ’n totale brutoverhuringsruimte van meer as 424 216 m².
Pole spog met ’n bestendige en likiede eiendomsmark, wat die afgelope paar jaar aantrekliker vir buitelandse beleggers geword het.
Dié maatskappy se aandele het op R24 per aandeel begin verhandel en sowat 71,5 miljoen se aandele is by genooide beleggers teen ’n uitreikingsprys van €1,45 per private plasingsaandeel geplaas.
Dié plasing Dinsdag het EPP in staat gestel om suksesvol altesaam €100 000 000 in te samel. Die opbrengs van die kapitaalverkryging gaan gebruik word om verkrygings te bespoedig en te finansier.
“Die sukses van die private plasing weerspieël beleggers se vertroue in ons groeistrategie,” sê Hadley Dean, EPP se uitvoerende hoof. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer