Poolse eiendomsreus se dividend klim flink
Elma Kloppers – Die Poolse eiendomsreus EPP vind groot baat by die toenemende besteding van Poolse verbruikers in die land se winkelsentrums.
Dié groep, die grootste winkelsentrumeienaar in Pole gegrond op bruto verhuringsruimte, het ’n dividend van 11,60 eurosent per aandeel verklaar vir die jaar tot einde Desember 2018, 6,7% hoër as die vorige jaar.
Sy uitkeerbare verdienste het in die jaar met 26% geklim tot €96 miljoen, sy derde opeenvolgende jaar van groei.
EPP, wat op die JSE en die Euro MTF-mark van die Luxemburgse Beurs genoteer is, se huidige portefeulje met ’n waarde van €2,5 miljard bestaan uit 19 kleinhandeleiendomme, ses kantoorgeboue en twee ontwikkelingspersele in die hoofstad Warskou, waarvan een onder konstruksie is. Dié portefeulje bied totale ruimte van 835 000 m² in Pole se 20 grootste stede, onder meer Krakow, Poznan, Wroclaw en Szczecin.
In die oorsigjaar het EPP verskeie nuwe eiendomme aangekoop, wat sy totale kleinhandelruimte met 54% opgestoot het tot 684 000 m². Sy leegstaansyfer is minder as 1%.
Hadley Dean, uitvoerende hoof, sê tans besoek 100 miljoen mense die winkelsentrums per jaar, ’n syfer wat beduidend gaan toeneem wanneer die groep se vlagskipsentrumbate, Galeria Mlociny in Warskou, in April of Mei vanjaar sy deure open.
Dié prima sentrum gaan 84 400 m² beslaan. Dit is strategies in die gegoede noordelike deel van Warskou geleë by ’n metrolyn met 24 miljoen passasiers per jaar. Dit grens ook aan ’n parkeergerief met ruimte vir meer as 1 000 voertuie en lê binne ’n spilpunt vir busse en trems.
Altesame 96% van die ruimte is verhuur en teen die opening sal dit ten volle verhuur wees. Verskeie van die huurders neem hul eerste tree in Pole in dié sentrum. “Galeria Mlociny gaan die kroonjuweel in ons portefeulje wees en die suksesvolle projek het reeds ’n ontwikkelingswins van €100 miljoen gerealiseer,” sê Dean. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie