Pond laat bitter smaak in bierbeleggers se mond
Aanbod dalk heelwat minder werd
Nellie Brand-Jonker- So bitter soos van sy biere, is die smaak wat die swak pond waarskynlik in die mond van SABMiller se Suid-Afrikaanse beleggers laat.
Die aanbod wat Anheuser-Busch InBev (AB InBev) in September 2015 aan SABMiller gemaak het, was teen ’n premie op sy aandeelprys destyds.
Die rand was toe bo R20 teenoor die pond.
Sedertdien het die pond met sowat R3 teenoor die rand verswak.
Net die afgelope maand het die rand met 9% teenoor die pond versterk.
Dit sluit in die verswakking van die pond sedert sy kortstondige val van 6% Vrydag teenoor die Amerikaanse dollar. Dit is aan ’n tegniese rede toegeskryf wat veroorsaak het dat groot verkope op ’n sekere prys plaasgevind het.
Izak Odendaal, portefeuljebestuurder van Old Mutual Welvaart, sê: “Die realiteit is die (SABMiller)-aanbod is gemaak in pond, so as die pond teenoor die rand verswak, sal die prys wat Suid-Afrikaanse beleggers kry, minder wees. Die premie is ongelukkig daarmee heen.”
Hy sê die prys gaan nie weer opgestoot word, soos toe die pond ná Brexit vir die eerste keer geval het en die aanbodprys effens opgestoot is nie. Brexit verwys na die Britse referendum waarin Brittanje besluit het om die Europese Unie (EU) te verlaat.
Etienne Eloff, portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, sê die aanvanklike aanbod was teen £44 per aandeel. Die rand was toe op R22 teenoor die pond.
“Die waarde per aandeel van die AB InBev-aanbod was toe R968 per aandeel.”
Ná Brexit het AB InBev sy aanbod tot £45 verhoog. “Teen vandag se rand-pond-wisselkoers is dit gelykstaande aan R774 – 20% minder as die aanvanklike aanbod.”
Britse konneksie
Die wisselkoers waarteen die transaksie plaasvind, word vandag aangekondig en uitbetaling geskied op Donderdag 13 Oktober, het Eloff gesê.
Dave Mohr en Izak Odendaal van Old Mutual sê in ’n verklaring die sentiment was aanvanklik redelik positief ná Brexit. “Maar die wittebrood is dalk nou verby.”
Die Britse pond het Vrydagoggend in Asië met 6% teenoor die Amerikaanse dollar verswak toe nog net dié markte oop was. Skaars twee minute later het dit egter weer byna al sy verliese herwin.
Mohr en Odendaal sê dit is onseker of ’n tegniese oorsaak of ’n menslike fout agter die skerp val was. Die pond het egter in elk geval verlede week oor die grootste deel van die week verswak nadat die Britse premier, Theresa May, haar regering se planne oor die EU uiteengesit het.
Dit het vir ontleders gedui op ’n “harde Brexit”.
Odendaal sê baie maatskappye wat op die JSE genoteer is, het ’n Britse konneksie. Dit sluit Mediclinic en Investec in.
“Ook hul Suid-Afrikaanse beleggers gaan minder kry as die pond verswak.” Elke £1 se dividend wat in Londen verklaar word, gaan in rand minder wees as die pond teenoor die rand verswak.
Hy sê as van dié maatskappye se aandeelpryse nou daal, kan aangeneem word dit is grotendeels omdat hulle sake in Brittanje doen. Die wisselkoers sal dié daling dryf.
“Dit is op kort termyn, want ons weet nie wat die wisselkoers oor die langer termyn gaan doen nie. Die daling kan dalk net tydelik wees. Dit hang ook af van wat die rand self gaan doen.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie