Pompkluis tot die redding
Dis Engineering se vindingryke innovasie is op die mark.
Augetto Graig – Otjiwarongo se eie Dis Engineering stel hul innovasie; die pompkluis, bekend. Hul patent is ’n sementkas met ’n kluisslot wat rondom ’n boorgat staangemaak word en só ’n duur sonpomp kan beskerm.
Met sy swaargewig staalslot, sy rebar staal ribbekas en taai uithouvermoë as dit kom by die ontmoediging van diefstal, is die pompkluis ’n Namibies gebore produk, gemik as ’n oplossing vir ’n werklike nood en om boere ’n bietjie ekstra gemoedsrus, in hierdie omstrede tye, te gee.
Die geheim agter die doeltreffendheid van die pompkluis lê in die selfontwerpte slotmeganisme, uitgedink deur die eienaar, mnr. Gerd Bajorat, en installeerder, mnr. Kurt Haensel. "Toe diefstal van pompe die boere amper op hulle kniee gehad het, het ons uit verskillende 'boerepatente' iets ontwerp, wat vir ons werk," sê Haensel.
Deur vindingryke, vasbeslote en praktiese toetsing, is die eindontwerp vervolmaak om die toename in diefstal van plaasboere se waterstelsels stop te sit. ’n Afname in diefstal van sonkragpanele word sedertdien bespeur, hoewel die duurder elektriese pompe nou geteiken word.
Die span van Dis Engineering het besef diefstal van sonkraginstallasies ruk hand uit, terwyl boere meer gekla het dat versekeringsmaatskappye teësinnig raak om hierdie beleggingsitems te dek.
Die span het verskeie weergawes vervaardig wat steeds te kwesbaar was, voordat hulle op hul pompkluis-patent as die slotsom gekom het. Volgens mnr. Reitz Neumayer neem dit die kenners by Dis Engineering gewoonlik twee tot drie dae, tot ’n volle week, om so ’n pompkluis aanmekaar te sit.
Die metaalwerk sluit in die samestelling van 40 lengtes nommer 12 rebar, om die omhulsel te vorm waarin die slotmeganisme gehuisves word. Met installasie van ’n pompkluis word die sonpomp met sterk sement toegemaak en aan die omhulsel vasgesweis. Neumayer sê hulle doen liewer installasie self om te verhoed dat skelm oë sien hoe dit alles saamwerk.
Só word selfs boewe se pogings om die sement met vuur te laat bars gefnuik, sê hy.
Volgens me. Britta Bajorat doen diefstal van sonpompe baie skade aan boere wat die maatskappy diens, en aankoop van die pompkluis is maar die beste oplossing. Die pompkluis is by Dis Engineering vir sowat N$8 000 beskikbaar, terwyl installasiekoste sowat N$2 000 kan beloop.
Vandat Dis Engineering in 2017 by hul nuwe perseel in Wesstraat ingetrek het, bevorder sy die verkoop van nuttige produkte wat die kundige dienste van die onderneming ondersteun.
Energiebesparende een- of tweeplaatstowe en die moderne potte, panne en ketels wat daarby pas, word in die vertoonlokaal uitgestal.
Sedert mnr. Klaus en me. Gisela Bajorat die besigheid begin het bou hulle die uitstekende kliëntediens reputasie waarvoor die maatskappy bekend is.
Toe hy destyds die besigheid begin het, het Bajorat veral waterpompe, kragopwekkers en dieselmasjiene versien. Toenemend meer boere uit die omgewing het hul kragopwekkers, druk- en waterpompe vir herstelwerk na Dis Engineering gebring.
In 2009 toe hul seun Gero oorgeneem het, het hy met sonkraginstallasies begin en dit só uitgebrei dat dit nou die hoofbedryf van hierdie vakmanne is.
Nog ’n groot vertakking van die besigheid is verskillende soorte waterpompe. Dis Engineering het die meeste pompe in hul store en die maatskappy het sy eie toetstenk waar pompe tot op 250 meter getoets kan word.
’n Groot verskeidenheid swembadtoerusting en energiebesparende produkte is ook by hulle beskikbaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie