Politieke asiel vir Mugabe kan warm patat vir SA word
Moontlike politieke asiel vir Zimbabwe se pres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace, in Suid-Afrika, kan nog ’n warm patat vir die land word.
Die EFF en African Diaspora Forum verwelkom so ’n moontlikheid, terwyl die DA en Cope sê dit sal nie net oneties wees nie, maar ook onwettig.
Indien asiel aan Mugabe toegestaan word, kan dit die strafregtelike saak waarby Grace Mugabe tans betrokke is, bemoeilik.
Die Zimbabwiese presidentsvrou word daarvan beskuldig dat sy Gabriella Engels, ’n 20-jarige model, vroeër vanjaar met ’n elektriese verlengingskoord in ’n hotel in Sandton aangerand het.
Nadat die Suid-Afrikaanse regering diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe toegestaan het, het sy teruggekeer Zimbabwe toe.
Die burgerregte-organisasie AfriForum, wat namens Engels optree, het onderneem om Grace Mugabe te laat vervolg indien sy weer haar voete in Suid-Afrika sit.
AfriForum het reeds met stappe begin om die immuniteit wat aan haar toegestaan is, deur die howe ongedaan te laat maak.
Mugabe het soos baie leiers op die vasteland van ’n bevryder in ’n diktator verander.
Die verwagting is dat indien Mugabe, wat meer as 37 jaar president van Zimbabwe was, volgende week as leier van Zanu-PF verwyder word, hy in ’n staat van beskuldiging geplaas sal word.
Na wat verneem word, sal die Suid-Afrikaanse regering aan die Mugabe’s huisvesting gee en vir hul veiligheid verantwoordelik wees indien asiel aan hulle toegestaan word – al het hulle verskeie eiendomme in die land.
Mmusi Maimane, leier van die DA, sê dit sal ’n oortreding van die Wet op Vlugtelinge wees indien asiel aan Mugabe toegestaan sou word
Maimane sê die wet sluit individue uit van asiel indien hulle hul skuldig gemaak het aan onder meer misdade teen die mensdom.
“Mugabe het soos baie leiers op die vasteland van ’n bevryder in ’n diktator verander. Hy het hom skuldig gemaak aan menseregteskendings en misdade teen die mensdom het onder sy presidentskap plaasgevind.”
Cope sê dit sal teen die Grondwet indruis indien asiel aan die 93-jarige Mugabe toegestaan word.
Die EFF het Maimane se standpunt verwerp en gesê Mugabe is nog nêrens deur enige hof in die wêreld skuldig bevind aan enige menseregte-oortredings nie.
Dié party sê Mugabe is welkom om Suid-Afrika toe te kom.
“Pres. Mugabe bly een van ons, ondanks die baie foute wat hy as president van Zimbabwe gemaak het,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie