Politiek en sport
Politiek en sport

Politiek en sport

Dani Booysen
Of ‘n mens moet giggel, grinnik, grimlag, naar word of jou bloedig vererg, is onseker.

Verlede week tydens die Brave Warriors se tuisoorwinning teen Mosambiek is reuse-Swapo-vlae in Windhoek se Sam Nujoma-stadion geswaai.

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NFA), mnr. Barry Rukoro, het aangevoer die woord Swapo was nie op die vlae geskryf nie. Volgens hom het die vlae dalk iets heel anders beteken vir die persone wat dit so trots laat wapper het.

Die soort reaksie sal vir sommige die huidige stand van sokkeradministrasie in die land weerspieël.

Mnr. Rukoro kom baie min in informele nedersettings en landelike gebiede as hy sukkel om die vlae en hul formaat te erken.

Geen wedstrydbeampte of ander belanghebbendes het blykbaar ‘n vinger verroer nie. Geen optrede teen die vlagswaaiers en die persoon wat hul glo beopdrag het nie.

Fifa sou hopelik nie in die media hiervan moes lees eerder as in die wedstrydverslag nie.

Daar is baie goeie redes hoekom Fifa politieke simbole en gebare by wedstryde verbied. As ‘n touskouer enige ander partyvlag sou hys, sou hul waarskynlik die gevaar van geweld geloop het.

Sport en politiek meng moeilik. Behalwe waar daar gegronde vrae oor byvoorbeeld verteenwoordiging bestaan.

Met steeds geen nuus oor ‘n kompromie tussen die Namibië Rugby-unie en sy maatskappy nie, is daar op ‘n ander sportfront ‘n politieke geskil wat steeds gou ontlont moet word – voordat dit die hele land skade berokken.

So sê ander

19 Oktober 2018

Welfare shambles: ministers must be accountable

The Conservative overhaul of welfare is a chronicle of a tragedy foretold.

Ineptitude and a culture of indifference means the government will now have to find more than £1.7bn in backdated payments to welfare recipients.

This is five times the amount it had expected to pay out.

The scale of human hardship this suggests is staggering. The blame rests squarely with Tory ministers.

It has taken eight years for ministers to come clean about the gigantic dimensions of their error.

Despite overseeing monumental failures, Ms (Esther) McVey remains in post. Mendacity in welfare allows Tories to evade engagement with facts. This needs to stop. Without facing up to mistakes, one cannot learn from them – and in welfare it is the poorest who will pay.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer