Polisiemanne naby Giza-piramides doodgeskiet
Polisiemanne naby Giza-piramides doodgeskiet

Polisiemanne naby Giza-piramides doodgeskiet

NAMPA
Gewapende mans op ‘n motorfiets het Vrydag vyf polisiemanne naby Egipte se oudste piramides by Giza doodgeskiet.
Die skietery het in die vroeë oggendure in die Abusir-nedersetting in Badrashin plaasgevind, wat deel van die groter Kaïro-gebied is.
Die polisiemanne was deel van ‘n taakmag wat die Saqqara-distrik bewaak.
Dit is een van Egipte se gewildste toeristeattraksies en beskik oor antieke tempels, tombes en begrafniskomplekse.
Owerhede het die gebied afgesper en ambulanse het na die toneel naby die bekende trappiramiede van koning Djoser gejaag.
Dit is die oudste van Egipte se meer as 90 piramides en die voorloper van die reguitkantige piramides van Giza aan die buitewyke van Kaïro.
Die aanvallers het die slagoffers se wapens en radio's gesteel en probeer om hul oorskot aan die brand te steek.
Volgens die ministerie van binnelandse sake het die militante met masjiengewere losgebrand op die polisievoertuig wat op patrollie was.
Dié aanval kom ‘n week ná Islamitiese militante 23 weermagpersoneellede op die Sinai-skiereiland doodgeskiet het.
‘n Noodtoestand is sedert April in Egipte van krag nadat selfmoordbomaanvallers twee Koptiese kerke noord van Kaïro aangeval het en talle Christene dood is.
Rebelle het sedert 2013, toe die verkose Islamitiese president se bewind omvergewerp is, verskeie aanvalle in Egipte uitgevoer.
Geweldpleging is in die noordelike Sinai-skiereiland gekonsentreer, maar aanvalle het sedertdien na die binneland versprei, insluitende die hoofstad, waar selfmoordbomaanvallers kerke en veiligheidshoofkantore geteiken het.
‘n Groep wat met die Islamitiese Staat-groep (IS) verbind is, het aanspreeklikheid vir die grootste aanvalle aanvaar.
‘n Skadugroep, bekend as Hasm, of "Beslistheid", het egter aanspreeklikheid aanvaar vir soortgelyke aanvalle waarin die polisie, weermag, regters en proregeringsfigure uit bewegende voertuie aangeval is.
Die groep het bande met die Moslembroederskap wat uit die land verban is.
Die Broederskap het in 2011 in ‘n reeks verkiesings geseëvier wat gehou is ná die opstand wat die eertydse diktator, Hosni Mubarak, uit die kussings gelig het. Die Broederskap se leier, Mohammed Morsi, is die volgende jaar as Egipte se eerste vrylik verkose president aangewys. Sy kort bewind was egter hoogs verdelend en die weermag het in 2013 sy bewind omvergewerp waarna die Broederskap as ‘n terroristegroep verklaar is.
Twee weke gelede het IS verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n motorbomaanval op ‘n weermagbuitepos op die Sinai-skiereiland waarin minstens 23 soldate dood is. Dit was die dodelikste aanval in die rustelose streek in twee jaar.
Op dieselfde dag het Hasm daarop aanspraak gemaak dat hulle ‘n polisieman doodgeskiet het toe hy op pad na Vrydag se gebede was. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.50/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.50/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032