Polisiemanne buite Koptiese kerk doodgeskiet
Egipte
Twee Egiptiese polisiemanne is gister doodgeskiet toe hulle buite ’n Koptiese Christenkerk in ’n stad suid van Kaïro wag gestaan het.
’n Gemaskerde man het op hulle losgebrand.
Gemaskerde, gewapende mans het Saterdag 13 Koptiese Christene in Sentraal-Libië ontvoer. Dit is deel van ’n vlaag aanvalle teen Egiptiese Christene wat in Libië werk.
Egipte se Kopte vier vandag Kersfees en sekuriteitsmaatreëls is gewoonlik streng voor dié feesdag.
Koptiese Christene maak omtrent 10 persent van die bevolking van 85 miljoen uit en het oor die eeue grootliks in vrede met die meerderheid Sunni Moslems saamgeleef.
Ná die omverwerping van pres. Mohammed Moersi in Julie 2013 is ’n aantal kerke en Christene se eiendom verbrand en kerkgangers aangeval. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie