Polisieman sterf in ongeluk
Polisieman sterf in ongeluk

Polisieman sterf in ongeluk

Francoise Steynberg
‘n Lid van die Namibiese polisie is gistermiddag in ‘n ongeluk naby Okakarara dood.


Volgens die polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het die private voertuig waarin die polisieman as passasier gereis het, omstreeks 14:30 glo teen ‘n toring in die Ohorongombaranga-nedersetting naby Okakarara gebots.

Die oorledene is as sers. Norman Vries geïdentifiseer wat by die Okamatapati-polisiekantoor gestasioneer was. Mbeha het gesê die voertuig het vanaf Okamatapati na Okakarara gereis.

"Sowat 60 km oos van Okakarara het die 34-jarige bestuurder glo vir bokke op die grondpad uitgeswaai, beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n toring langs die pad gebots.

“Vries is op slag dood en die bestuurder is met beserings na die Okakarara-staatshopitaal geneem,” het Mbeha gesê.

Die polisieondersoek duur voort en die naasbestaandes is van sy dood ingelig. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2026-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer