Polisielede leer meer van kinderbeskermingswet
Die Regshulpsentrum (LAC) in Windhoek het 27 lede van die Namibiese polisie opgelei in die nuwe Kindersorg- en beskermingswet. Dié lede sal weer mede-kollegas oplei. Die tweedaglange opleiding wat deur Nampol-lede van die Khomas-, Omaheke- en //Kharasstreke bygewoon is, het gefokus op onderwerpe soos polisiebeskerming vir kinders, die weggooi van babas en uitbuiting van kinders, sowel as die beskerming van die veiligheid van kinders in tronke en aanhoudingselle. Dit is ook deur verteenwoordigers van die LAC, die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) en Nampol bygewoon. Die opleidingsprojek word deur Unicef en die Europese Unie (EU) gefinansier.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie