Polisieblaps: 'Dooie' baba leef glo nog

15 May 2019 | Polisie
Tanja Bause



Weens “verwarring in 'n verslag” het die polisie 'n drie maande oue baba dood verklaar.

Só sê senior superintendent Nataniel Nendongo van die stadspolisie.

Die baba is op 26 April saam met haar boetie en sussies uit 'n sinkhuis in die Havana- informele nedersetting gered, maar sy is nie oorlede nie.

Dit is glo 'n geval van “verkeerde identiteit”.



'KOMMUNIKASIEFOUT'

Volgens Nendongo het die genoemde verwarring tot 'n “kommunikasiefout” gelei.

Dié fout kom uit 'n algemene verslag van gevalle van verwaarlosing wat oor die betrokke naweek opgestel is.

In dié betrokke verslag is glo gesê een baba het gesterf, maar die media is glo verkeerdelik ingelig dat dit die Havana-baba was.

Me. Anna de Koker (40), bekend as “Poppies”, het gister met wat sy sê die drie maande oue baba Liana is by Republikein se kantoor opgedaag.

“Dit is my baba. Ek weet nie wie gesê het sy is dood nie. Die hele Namibië dink ek is 'n slegte ma, wat nie na haar kinders kan kyk nie. Ek is baie arm en het nie kos in my huis nie, maar ek maak my kinders sonder hul pa's self groot,” het sy in trane gesê.

Op 20 April het die koerant berig De Koker se vier kinders is die vorige nag uit haar sinkhuis in die nedersetting deur lede van die Kosmos 94.1 COPPS-radioprogram, die stadspolisie en OSH-Med International gered.

Volgens mense op die toneel was die drie maande oue baba, 'n eenjarige meisie, 'n vierjarige meisie en 'n vyfjarige seun in die sinkhuis toegesluit en moes die deur oopgebreek word om by hulle uit te kom.

Die kinders was glo gedehidreer en ondervoed.



'BABA NOU BETER'

Volgens die stadspolisie het die drie maande oue baba dieselfde nag gesterf, wat nié die geval was nie.

Volgens dr. Aina Katangolo van OSH-Med International, wat die baba dieselfde aand in die sinkhuis behandel het, is die baba nou beter gehidreer en gevoed, en is sy inderdaad dieselfde baba wat uit die sinkhuis gehaal is.

“Die omstandighede was baie erg, en is vererger toe ons die boodskap kry dat die baba dood is,” het sy gesê.

Volgens De Koker het die eenjarige meisie 'n keelinfeksie gehad en is die kind in die hospitaal behandel.

“Ons was vir 'n week in die hospitaal voor ons huis toe is. Toe ek by die huis aangekom het, wou almal weet van die baba wat gesterf het, maar dit is nie my kind nie. Sy lewe nog,” het sy gesê.

“Ek het daardie aand by my suster mieliemeel vir die kinders gaan soek en hulle in die toesig van hul 21-jarige ouer suster en haar vriendin gelos. Die kleintjies het aan die slaap geraak en my dogter se vriendin het die deur gesluit om my te gaan soek.

“Ons het mekaar iewers misgeloop, en toe ek by die huis kom, was daar net polisie. Hulle het my geboei en saam met die kinders hospitaal toe geneem,” het De Koker gesê.

'n Klag van nalatigheid teen De Koker is deur die polisie teruggetrek.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

41 minute gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...