Polisiebeampte laat baba agter
Denver Kisting
Die 25-jarige sersant Hadley Jade Farmer wat die naweek in 'n motorongeluk dood is, laat 'n ses maande oue babaseuntjie agter.
Farmer en 'n kollega was uit Windhoek op pad terug na Groot Aub toe die ongeluk sowat 40 km buite die hoofstad gebeur het.
Volgens kommissaris Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, was daar Vrydagoggend 'n inbraak by 'n oord naby Groot Aub. Die ondersoek na moontlike verdagtes en die buit het Saterdag vir Farmer en sy kollega volgens hom na Windhoek gelei.
Farmer was die bestuurder van die speurbakkie en volgens Nghishidimbwa verkeer die kollega steeds in 'n kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid van MediClinic in Windhoek.
Die noodlottige ongeluk het Saterdagaand gebeur en drie voertuie was na wat verneem word betrokke.
Farmer se lewensmaat, me. Cardinochelle Stumpfe, het gister aan Republikein gesê hul eersteling, Juayden, is ses maande gelede gebore.
Sy sê Farmer sou in September vanjaar sewe jaar se diens in die polisiemag herdenk het.
Hy word op Saterdag 9 Junie op Groot Aub begrawe.
Naas Stumpfe en hul seuntjie word hy deur sy ouers en 'n suster oorleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie