Polisiebeampte laat baba agter
Polisiebeampte laat baba agter

Polisiebeampte laat baba agter

Denver Kisting
Denver Kisting



Die 25-jarige sersant Hadley Jade Farmer wat die naweek in 'n motor­ongeluk dood is, laat 'n ses maande oue babaseuntjie agter.

Farmer en 'n kollega was uit Windhoek op pad terug na Groot Aub toe die ongeluk sowat 40 km buite die hoofstad gebeur het.

Volgens kommissaris Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, was daar Vrydagoggend 'n inbraak by 'n oord naby Groot Aub. Die ondersoek na moontlike verdagtes en die buit het Saterdag vir Farmer en sy kollega volgens hom na Windhoek gelei.

Farmer was die bestuurder van die speurbakkie en volgens Nghishidimbwa verkeer die kollega steeds in 'n kritieke toestand in die intensiewe­sorgeenheid van MediClinic in Windhoek.

Die ­noodlottige ongeluk het Saterdagaand gebeur en drie voertuie was na wat verneem word betrokke.

Farmer se lewensmaat, me. Cardinochelle Stumpfe, het gister aan Republikein gesê hul eersteling, Juayden, is ses maande gelede gebore.

Sy sê Farmer sou in September vanjaar sewe jaar se diens in die polisiemag herdenk het.

Hy word op Saterdag 9 Junie op Groot Aub begrawe.

Naas Stumpfe en hul seuntjie word hy deur sy ouers en 'n suster oorleef.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.67/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 892.00/T DOWN -2.1% | Brent Crude Oil US$ 83.08/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 964.40/OZ DOWN -0.0145 #N/A