Polisie stil oor Nimt-moorde
Die Namibiese polisie het gister oor nuwe verwikkelinge in die dubbele moord verlede week op die twee Nimt-hoofde, mnre. Eckhart Mueller (72) en Heimo Hellwig (60), geswyg.
Teen gistermiddag het niemand in die landdroshof op Swakopmund in verband met die moorde verskyn nie.
Dít selfs ná die polisie Dinsdag bekend gemaak het ’n verdagte is in hegtenis geneem, wat dieselfde dag in die hof sou verskyn.
Niemand is al voor die hof gedaag nie en teen gister wou die polisie by navraag geen inligting oor die huidige stand van sake deel nie.
Mueller en Hellwig is op 15 April koelbloedig voor die hoofingang van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) in Arandis afgemaai.
Volgens die polisie is agt skote afgevuur.
Die moordwapen is nog nie gevind nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie