Polisie sny op begeleiding vir BBP's
Hoewel die polisiehoof sê die verandering in polisiebegeleiding is gemaak om koste te bespaar, is sommige munisipale amptenare van mening die besluit is polities gemotiveerd.
Ogone Tlhage – Die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het opdrag gegee dat sekere munisipaliteite se verkeersdienste nie meer by die regering se baie belangrike persoon (BBP)-begeleiding betrokke moet wees nie.
Dit is volgens hom nie omdat die meeste van die betrokke munisipaliteite deur opposisiepartye beheer word nie, maar eerder om koste te bespaar.
Ndeitunga het verlede week aan die munisipaliteite van Windhoek, Keetmanshoop, Walvisbaai, Swakopmund, Hentiesbaai, Otjiwarongo en Katima Mulilo opdrag gegee dat alle pligte vir BBP-begeleiding en die verwante bemanning van paaie wat vroeër van plaaslike munisipale polisie gevra is, vanaf 1 April gestaak moet word.
Buiten Otjiwarongo en Katima Mulilo wat deur Swapo beheer word, word die ander munisipaliteite wat deur Ndeitunga gelys is, deur opposisiepartye beheer.
Ndeitunga het in 'n telefoniese onderhoud Maandag met ons susterkoerant, Namibian Sun, gesê die koste is hoog vir die regering om van munisipale verkeersdienste gebruik te maak.
“Dit is duur vir die regering. Ons sê nie ons het hulle nie nodig nie, maar nie elke keer nie. Wanneer ons dit nodig het, sal ons dit gebruik,” het Ndeitunga gesê.
Gerugte bestaan wel dat die regering nie vir hierdie dienste betaal nie.
'DIE WARE REDES'
Verskeie munisipaliteite het vir Ndeitunga gevra om eerlik te wees en die publiek te vertel wat die ware redes is waarom die dienste gestaak word.
“Die inspekteur-generaal moet vir die publiek sê hierdie besluit is geneem vanweë die politieke dinamika waar opposisiepartye munisipaliteite beheer.
“Miskien voel hulle dit is 'n veiligheidsbedreiging.
“Van watter koste praat hy as hulle niks betaal nie?” het 'n munisipale amptenaar, wat verkies om anoniem te bly, gevra.
'n Ander amptenaar van die Windhoekse munisipaliteit het gesê die munisipaliteit het oor die jare vir 'n staatsubsidie gevra, maar daar het dadels van gekom.
Op 'n vraag of die besluit polities gemotiveerd is, het Ndeitunga slegs gesê dat politieke sake nie met die Namibiese polisie se bedrywighede deurmekaar moet raak nie.
“Gaan vra dit asseblief vir die politici,” het hy gesê.
Die tyd het nou aangebreek vir die polisie om sy vermoë as begeleiers ten toon te stel en die strate en paaie oraloor die land te beman, het Ndeitunga gesê.
Dr. Job Amupanda, burgemeester van Windhoek, se kommentaar oor die skuif is: “Dankie tog.”
“Ndeitunga kan nie sê dit is duur as die regering nie eens vir die dienste betaal nie.
“Ons sal aanhou om 'n professionele polisiemag op te bou wat goed toegerus is en nie in die hande van politici is nie,” het Amupanda gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie