Polisie skiet verdagtes van gewapende rooftog
Kristien Kruger – Drie Namibiese polisiebeamptes is Dinsdag omstreeks 07:30 in die omgewing van Cimbebasia glo deur vyf mans bestorm wat glo verdagtes in ’n gewapende rooftog was.
Die polisiebeamptes het skote afgevuur wat twee mans beseer en een doodgeskiet het.
Volgens ’n Namibiese polisieverslag was die drie polisiebeamptes besig om ’n grondpad te patrolleer waar twee weke gelede twee gewapende rooftogte plaasgevind het. Twee lewens is tydens dié rooftogte geëis.
Vyf mans gewapen met pangas en messe het toe, volgens die verslag, op hulle afgestorm. Die polisiebeamptes het na bewering geskree “Polisie, polisie!” waarna twee van die mans omgedraai en weggehardloop het. Twee van die mans het aangehou storm.
“Die polisiebeamptes het waarskuwingskote geskiet, maar die verdagtes het aanhou vorentoe hardloop. Die verdagtes was deur die skote gewond – een in sy linkerbobeen en die ander in sy regterbeen,” lui die verslag.
Die lyk van ’n derde verdagte is kort daarna in die bosse gevind. Volgens die polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, is die man waarskynlik deur een van die skote getref.
Die oorledene was ’n 43-jarige man en die ander twee verdagtes was 22 en 26.
Een van die verdagtes beweer dat hy ’n plaaswerker is wat besig was om op sy perd die area te patrolleer, maar volgens Shikwambi was daar nie ’n perd of ’n plaas in die omgewing nie.
’n Saak van poging tot gewapende rooftog is aangemeld.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie