Polisie skiet verdagte dood
Een vermeende gewapende rower is gistermiddag noodlottig gewond en ''n ander een in hegtenis geneem ná hulle ''n 69-jarige man glo aangerand en beroof het.
Francoise Steynberg - ''n Vermeende gewapende rower is gistermiddag deur die polisie doodgeskiet ná ''n bejaarde man gister kort na middernag in die omgewing van Kapps Farm aangeval en beroof is.
Volgens ''n woordvoerder van die polisie, komm. Edwin Kanguatjivi, is die 69-jarige mnr. Wolfgang König omstreeks 01:00 gister deur vyf onbekende mans aangeval en aangerand. König huur glo ''n huis naby Heja Game Lodge in die omgewing van Kapps Farm, oos van Windhoek.
"Die aanvallers het vir König aan sy hande en bene vasgemaak en hom op sy maag laat lê," het Kanguatjivi gesê.
"Hulle het kontant van 4 000 euro, N$2 000, ''n skootrekenaar, twee gewere, ''n pistool en patrone uit die kluis gesteel."
Volgens die woordvoerder het die aanvallers met König se Toyota Hilux-bakkie op die vlug geslaan. Hulle het die voertuig verlaat toe die polisie hulle agterna gesit het.
"Die gewapende rowers het weggehardloop en op die polisie begin skiet. Hulle het omtrent ''n hele magasyn op die polisie uitgeskiet. Niemand is in dié voorval gewond nie," het Kanguatjivi gesê.
"Die polisie het twee selfone, vier gebruikte patroondoppies en een lewendige patroon, klere en skoene in die voertuig gevind.
Volgens Kanguatjivi het die polisie hul ondersoek deur die dag voortgesit en die gewapende rowers is gistermiddag tot in Omutulastraat in die Havana-woonbuurt in Katutura gevolg.
"In Havana was daar omstreeks 13:00 weer ''n skietery van die rowers se kant af, waarskuwingskote is deur die polisie afgevuur waarna een van die gewapende rowers ongelukkig noodlottig gewond is," het Kanguatjivi gesê.
Volgens hom is nóg een van die verdagtes in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie