Polisie skiet op sekte-lede
In die nadraai van pres. Joseph Kabila se versuim om as staatshoof uit te tree, neem onluste en onsekerheid in die Demokratiese Republiek van Kongo toe.
Die polisie in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) het vroeg gisteroggend 'n aanval uitgevoer op die leier van 'n separatistiese godsdienstige sekte se woning in Kinshasa en skerp ammunisie en traangas gebruik, het 'n ooggetuie gesê.
Die aanval op die huis van Ne Muanda Nsemi, 'n selfverklaarde profeet en leier van die Bundu dia Kongo-sekte (BDK), het omstreeks 04:30 plaaslike tyd begin.
Dosyne polisiebeamptes was by die operasie betrokke en geweervuur is ná dagbreek nog in die Ma Campagne-distrik van die Kongolese hoofstad gehoor.
Daar was geen onmiddellike berigte van sterftes nie.
Die polisie het die afgelope maand gereeld met BDK-lede in die provinsie Kongo-sentraal in die suidweste van die land gebots, maar die verspreiding van die onluste na Kinshasa honderde kilometer verder, is 'n aanduiding van 'n ernstige styging in geweldpleging.
Die geweldpleging is ook deel van verdere onstabiliteit oral oor die DRK die afgelope weke nadat pres. Joseph Kabila geweier het om die tuig neer te lê, alhoewel sy grondwetlike mandaat as staatshoof in Desember verstryk het.
- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie