Polisie 'peuter met bewyse'
Getuienis oor die bloedtoets wat gedoen is op die ongelukstoneel waar drie mense dood is, is gister in die Windhoek-landdroshof aangehoor.
Jacqueline Louw - Mnr. Kautja Tjingorori, ’n verkeersbeampte van die Windhoek-stadspolisie, het gister in die verhoor van mnr. Morné Mouton getuig dat ’n bloedmonster wat op die ongelukstoneel geneem is, eers deur ’n mediese doktor in die Katutura-staatshospitaal herverseël is en daarna aan ’n polisiebeampte by die Windhoek-polisiekantoor oorhandig is.
Tot dusver is die resultaat van dié bloedtoets nog nie in die hof genoem nie.
Mouton se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, het gister beswaar aangeteken dat enige getuienis gelei word oor die blaastoets vir alkohol wat op die ongelukstoneel gedoen is.
Volgens Namandje is getuienis oor blaastoetse ontoelaatbaar ingevolge die bepalings van nommer 5898 van die padverkeer- en vervoerregulasies wat in die Staatskoerant van Desember 2015 gewysig is.
Tjingorori het getuig dat hy omstreeks 02:15 op 4 Julie 2015 op die ongelukstoneel aangekom het waar hy die Polo-motorvoertuig wat Mouton bestuur het, in die rivierbedding aangetref het.
Hy het aan landdros Vanessa Stanley vertel dat hy na sy kollega, sersant Johnny David, gestap het waar hy besig was om met Mouton te praat. Tjingorori het aan Mouton verduidelik dat ’n bloedtoets gedoen sal word indien hy positief toets vir die blaastoets op die toneel, volgens polisieprosedure.
“Ek kon sien die verdagte se oë was rooi – hy het na alkohol geruik,” het Tjingorori getuig.
Namandje het dit aan Tjingorori gestel dat die prosedure wat ’n bewysstuk ondergaan, veilig behoort te wees omdat dit die integriteit van monsters in die gedrang kan plaas.
“Dit is ons saak: Sekere polisiebeamptes het op daardie dag met bewyse ingemeng om die staat se saak te versterk.”
Hy het verder vir Tjingorori gekruisondervra oor die feit dat dieselfde persoon wat as kommissaris van ede vir twee van sy verklarings teen 4:50 op 4 Julie 2015 opgetree het, teen 5:00 nog steeds op die ongelukstoneel was om die slagoffers se liggame aan die lykshuispersoneel te oorhandig.
Mouton staan tereg op klagte van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van sterk drank en/of dwelms met ’n narkotiese uitwerking, asook roekelose bestuur. Dié klagte spruit uit ’n motorongeluk wat in die vroeë oggendure op 4 Julie 2015 in Sam Nujoma-rylaan in Hochland Park plaasgevind het.
Mouton het Woensdag onskuldig op al die klagte teen hom gepleit en ook in ’n pleitverduideliking wat in die hof voorgelees het, gesê dat die ongeluk veroorsaak is deur ’n persoon wat voor hom die pad oorgesteek het. Volgens die pleitverduideliking moes hy uitswaai om die voetganger te vermy en in die proses het hy ’n stilstaande polisievoertuig aan die kant van die pad getref.
Die verhoor duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie