Polisie lê beslag op byna N$5 miljoen se dwelms
Die Namibiese polisie (Nampol) het Desember op dwelms ter waarde van byna N$5 miljoen beslag gelê en altesaam 78 verdagtes in hegtenis geneem.
Volgens die hoof van Nampol se skakelafdeling, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, bestaan die verdagtes uit 73 Namibiërs, vier Zambiërs en een Suid-Afrikaanse burger.
Beslag is gelê op:
- sowat 480,4 kg dagga ter waarde van sowat N$4,8 miljoen;
- 274 Mandraxtablette ter waarde van N$32 880;
- 11, 4 gram kokaïenpoeier ter waarde van N$5 700: en
- 24 eenhede Crack-kokaïen ter waarde van N$2 400.
Kanguatjivi het 'n beroep op Namibiërs gedoen om dwelmhandelaars by hul naaste polisiekantoor te rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie