Polisie krap kop oor raaiselpassasier

‘n Deurtastende ondersoek word gedoen na 'n vrou wat die polisie ontduik en in 'n leë vliegtuig se besigheidsklas opgeduik het.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunkkommissaris Edwin Kanguatjivi, sê die ondersoek duur voort na die geheimsinnige vrou wat verlede week verby die polisie op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) gestap en in ‘n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens beland het.

‘n Anonieme oproeper beweer die vrou was onwettig in die land en is op die lughawe aangehou voordat sy verby die polisie en veiligheidsdeursoekingspunte geglip en ongesiens aan boord van ‘n vliegtuig gegaan het.

Die oproeper sê die vrou, wat na bewering blind is, is deur grondpersoneel in die besigheidsklas-sitplekke aangetref toe hulle die vliegtuig vir ‘n vlug gereed wou kry.

Kanguatjivi sê die polisie wil nie die ondersoek aframmel nie, aangesien ‘n deurtastende ondersoek vereis word.

“Sulke klein voorvalle kan oor die wêreld versprei en besoekers kan die indruk kry die veiligheid en sekuriteit op die lughawe voldoen nie aan standaarde nie,” het Kanguatjivi gesê.

Die waarnemende hoofbestuurder van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), mnr. Albertus Aochamub, sê die organisasie wag op die polisie se finale verslag. Hy sê bevestiging van sekere besonderhede kort nog.

Die voorval, wat heelwat verleentheid veroorsaak het, het plaasgevind ten tye van ‘n twee weke lange slypskool oor lughaweveiligheid wat deur die NAC, polisie en Namibië se burgerlike lugvaartowerheid (NCAA) bygewoon is.

Genl.maj. Desiderius Shilinga van die Namibiese polisie het deelnemers aan die slypskool aangesê om waaksaam te wees, op alle bewegings op die lughawe te let en sigbare veranderinge te weeg te bring deur ‘n kultuur van koördinering en gedeelde verantwoordelikheid te vestig.

AIR NAM-VLUGTE OPGESKORT

Air Namibia het in ‘n persverklaring op 16 Februarie die reisende publiek en ander belanghebbendes meegedeel dat vier van die Embraer-straalvliegtuie grootskaalse instandhouding en toetse ondergaan.

Die werk is in November verlede jaar mee begin.

Die vloot Embraers word op binnelandse en sommmige streekroetes soos na Lusaka, Harare, die Victoria-watervalle, Johannesburg en Walvisbaai gebruik.

Die nasien van die vliegtuie sal teen Junie vanjaar afgehandel wees.

Air Namibia sê die lugredery gebruik nie Airbus-vliegtuie met meer as 200 sitplekke vir binnelandse vlugte nie. Volgens die redery kan die Airbus net op HKIA en Walvisbaai se internasionale lughawe land. “Die aanloopbane van die ander binnelandse lughawes kan nie die Airbus akkommodeer nie,” het Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, gesê.

Reisagente in Windhoek sê hulle is deur Air Namibia ingelig oor moontlike onderbrekings, maar dat hul kliënte tot nou toe min daardeur ontwrig is.

Air Namibia het in die verklaring oor die tydelike skeduleverandering gesê dit sou vanaf 18 Februarie 'n uitwerking op vlugte hê, omdat net twee van die vier Embraers gebruik kon word. Die vlugte na Lüderitz en Oranjemund is tot drie vlugte per week (Dinsdag, Donderdag en Saterdag) verminder.

Vlugte tussen Johannesburg en Walvisbaai is vir die instandhoudingstydperk tot 23 Junie opgeskort en passasiers sal via HKIA na die kusdorp moet vlieg.

Ander vlugte word nie beïnvloed het, het Air Namibia gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...