Polisie glo gereeld by smokkelhuis
DIE GROOT SPIOEN SKRYF:
Graag wil ek die polisie gelukwens dat hulle uiteindelik teen Katrina Beukes, 59-jarige vrou, opgetree het en dit nadat sy al vier keer gevang was en boetes opgelê is. Dit wys net die dwelmsmouse hou nie op nie, al word hulle ook gevang.
Sy het al soveel jong mense se lewens verwoes en opgemors. Op 59 jaar moet jy jongelinge aanpraat as hulle verkeerd doen, maar nee, sy hou aan die goed verkoop. Wat ’n skande vir so ’n groot vrou!
Gee haar hande-arbeid in die tronk en laat geen besoekers in dié skamele drie jaar by haar toe nie.
Sy moet ook nie toegelaat word om op 60 jaar vir pensioen aansoek te doen nie, want dan sal sy eers mors met ons belastinggeld.
Sommige polisie "pop" in by ’n huis waar ons weet dwelms verkoop word. Die huis word nie deursoek nie, hulle koop seker ook die goed daar.
Volgende keer neem ek ’n foto van hulle en gaan gee dit vir Joodt. Ek het nou ’n selfoon wat foto's kan neem.
Julle weet wie julle is. Oppas!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie