Polisie bots met Nyl-eilandbewoners
Egipte
Minstens een mens is dood en dosyne beseer in botsings tussen die polisie en inwoners van ‘n Nyl-eiland in Kaïro, waar veiligheidsmagte probeer het om onwettige geboue te sloop, het die ministerie van binnelandse sake gesê.
Die geweldpleging het uitgebreek toe die polisie Sondagoggend op al-Warraq-eiland aangekom het.
"Die magte is verras deur betogings van betreders wat hulle aangeval het deur onder meer bokhael op hulle te skiet en klippe na hulle te gooi. Die troepe het traangas afgevuur om die betogers onder beheer te bring,” lui ‘n verklaring deur die ministerie.
Minstens 37 polisiemanne en 19 inwoners is in die botsings beseer. Die veiligheidsmagte het later onttrek.
Die eilandbewoners sê hul huise is die afgelope 30 jaar gebou. In Mei vanjaar het die Egiptiese president, Abdel Fattah al-Sisi, met ‘n veldtog begin om duisende huise wat glo onwettig op staatsgrond gebou is, te laat afbreek.
"Daar is eilande in die Nyl en volgens wet mag niemand op hierdie eilande wees nie,” het Sisi in Junie in ‘n toespraak gesê. Hy het opdrag gegee dat dit die owerhede se prioriteit moet wees om die eilande terug te eis.
Ongeveer 90 000 mense woon op die 1 300 akker al-Warraq eiland. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie