Polisie arresteer SA voortvlugtige wat positief toets
Ronelle Rademeyer - Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie (Nampol), lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het bevestig geval nommer 33 is ’n voortvlugtende Suid-Afrikaner wat Vrydag die Oranjerivier na bewering onwettig oorgesteek het om in Namibië te kom skuil.
Die man is na bewering met die hulp van ’n sersant in Nampol en die hoofbestuurder van ’n maatskappy op Lüderitz na Windhoek gebring, waar hy eers twee dae nadat hy die land binnegekom het, in kwarantyn geplaas en vir Covid-19 getoets is.
Ndeitunga sê die man is vanmiddag by die plek waar hy in kwarantyn was, in hegtenis geneem nadat sy ware identiteit deur middel van intelligensiebronne aan die lig gekom het.
Hy is nou in afgesonderde aanhouding, soos ook die twee Namibiërs wat aan hom bystand verleen het.
Verder is “ten minste” tien polisiebeamptes wat met die mans in kontak was, in kwarantyn geplaas, sê Ndeitunga.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie