Polisario Front se leier begrawe

Jo-Mare Duddy Booysen
Algiers. – Mohamed Abdelaziz, leier en medestigter van die Polisario Front in Wes-Sahara, is Saterdag begrawe ná hy Dinsdag in ’n hospitaal in Amerika aan longkanker gesterf het. Hy was 69.
Die front, waarvan hy in Augustus 1976 sekretaris-generaal geword het, het ’n routyd van 40 dae afgekondig. ’n Nuwe leier sal daarna aangewys word.
Die hoof van die organisasie se nasionale raad, Khatri Abdouh, neem intussen waar.
Pres. Abdelaziz Bouteflika van Algerië het ’n routyd van ’n week in sy land afgekondig. Die Polisario-front se hoofkwartier is in Tindouf, in die suide van die land.
Die front veg al die afgelope sowat 40 jaar vir onafhanklikheid vir Wes-Sahara, wat deur Marokko geannekseer is nadat Spanje hom in 1975 daaraan onttrek het.
Algerië steun die front, maar Marokko beskou die gebied as sy suidelike provinsies. Spanning is aan die oplaai oor die streek.– AP

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer