Pohamba loof gees van eenheid en vrede
Laaste Nuwejaarsboodskap van uitgaande president
Estelle de Bruyn
Die gees van vrede en eenheid wat in Namibië heers, moet voortgaan om die waardes te wees wat die Namibiese nasie nou en in die toekoms lei.
Dit was die Nuwejaarsboodskap van pres. Hifikepunye Pohamba.
Hy sê hy is vol vertroue dat die Namibiese nasie met hernude lewenskragtigheid en vertroue verdere vordering met sosioekonomiese ontwikkeling en die verbetering van die lewensomstandighede in die komende jare sal maak.
“Ek het die voorreg gehad om ons nasie sedert 21 Maart 2005 te dien. My tweede en laaste termyn as president loop op 21 Maart vanjaar ten einde.
“Op daardie dag sal Namibië weer eens die getuie wees van ’n vreedsame oorgang wanneer ek die instrumente van mag aan die aangewese president, dr. Hage Geingob, oorhandig,” het Pohamba gesê.
Hy het alle Namibiërs bedank vir die vertroue in hom om vir twee agtereenvolgende termyne die regering te lei.
“Ek is van mening dat, ondanks uitdagings, Namibië sal voortgaan om ’n blink toekoms tegemoet te gaan. Ek is baie optimisties oor die toekoms en glo dat Namibië gereed is om betekenisvolle vooruitgang en ontwikkeling in die komende jare te vermag,” het hy gesê.
Pohamba het ook die nasie bedank vir die vreedsame wyse waarop die verkiesings vir ’n president en lede van die Nasionale Vergadering verloop het. “Die feit dat die verkiesingsveldtogte en die stemproses vreedsaam afgeloop het, is belowend vir die toekoms van ons demokrasie,” het Pohamba gesê.
Met verwysing na geteikende beleidsrigtinge en programme wat die afgelope 12 maande deur die regering geïmplementeer is, sê die president dit het ’n positiewe impak op volhoubare sosioëkonomiese ontwikkeling en die verbetering van lewenstandaarde gehad.
“In die afgelope weke het ek die voorreg gehad om 89 nuwe huise op Walvisbaai en 65 huise op Oshakati as deel van die nasionale massabehuisingskema te oorhandig.
“Voorts het die regering, in ’n poging om die vloek van geweld teen vrouens en kinders die hoof te bied, maatreëls soos die nasionale plan van aksie teen geslaggegronde geweld ingestel. Wetstoepassingsagentskappe is deur verdere opleiding bemagtig om geslaggegronde geweld te bekamp,” het hy gesê.
Hy sê die nasionale menseregte-aksieplan wat in Desember van stapel gestuur is, sal die kultuur van menseregte-beskerming in die land versterk.
Pohamba het ook sy tevredenheid uitgespreek met verskeie ontwikkelinge wat op die verbetering van infrastruktuur gemik was. Verskeie paaie, brûe, skole, klinieke en gesondheidsentrums is in 2014 gebou.
Hy het die aangewese president en die nuwe wetgewers wat in Maart vanjaar lede van die nuwe Nasionale Vergadering word, sterkte toegewens vir die leiding wat hulle oor die volgende vyf jaar moet neem.
Pohamba het ook die Namibiese nasie ’n gelukkige en voorspoedige 2015 toegewens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie