Poeding begin nuwe hoofstuk as afrigter
Rugby
Andrew Poolman - Rehoboth Rugbyklub gaan definitief in 2019 beter eindig as laas jaar, voorspel hul nuut aangestelde afrigter.
David (Poeding) Philander, kort voor sy 32ste verjaarsdag op 1 April, het sy uittrede aangekondig ná ’n goeie internasionale loopbaan wat van 2008 tot 2017 gestrek het.
’n Knaende kniebesering het hom oortuig om sy stewels op te hang, maar sonder verwyl is hy reg om die volgende uitdaging as afrigter te takel.
Philander se spoed, vaartversnelling en vlugvoetige aftrappe het hom ’n besondere gevaar vir enige verdediging gemaak. Dit het tot sy insluiting in twee Wêreldbeker-toerspanne (Nieu-Seeland 2011 en Engeland 2015) gelei.
Hy sluit sy loopbaan af met 30 toetse (23 in die beginspan, 19 as vleuel, tien as senter, een as heelagter). Sy tien toetsdrieë plaas hom gesamentlik agtste op die nasionale rekordlys.
Philander was nog ’n skolier by die Hoërskool Dawid Bezuidenhout, toe hy sy eerste klubrugby vir Unam gespeel het. Hy het ook die truie van Rehoboth, United en in sy finale seisoen (2018) van Wanderers gedra.
Sy toetsdebuut in 2008 onder John Williams was ’n naelbyter in Dakar, wat Namibië met 13-10 teen Senegal beklink het.
In 2009 is Philander as Namibiese Rugbyspeler van die Jaar aangewys – die laaste keer dat die moeite gedoen is om ’n rugbyjaar met amptelike toekennings af te sluit.
Ná die 2011 Wêreldbeker is hy gewerf om vir ’n klompie seisoene klubrugby in Nieu-Seeland te gaan speel, waar ondersteuners die blitsvleuel gou “Flash” gedoop het. Volgens hom was dit ’n openbaring om die vlak van rugby van die wêreldkampioenland te beleef.
“Hul spel is soveel vinniger en harder. Vir my was dit ’n les om te sien hoedat elke speler net op die uitvoering van sy eie taak fokus en daartoe verbind is om dit al hoe beter te doen. As jy dít regkry, presteer die span, want jou aandag word nie afgelei om jou bekommer oor die man langs jou se werk nie. Ek wil graag sulke dissipline by ons spanne sien.”
In 2014 het Philander twee drieë in die beslissende kwalifiserende Wêreldbeker-oorwinning teen Madagaskar in Antananarivo gedruk. Die eerste, ná ’n lopie uit sy eie kwartgebied teen die kantlyn af, bly waarskynlik sy gunsteling toetsdrie, het hy gister gesê.
Op ’n vraag oor sy beste toetsvertoning, sonder Philander die oorwinning met 45-7 teen Kenia in Windhoek in 2017 uit. Hy is as speler van die wedstryd aangewys ná twee drieë en rolle in verskeie ander.
Philander was uiteraard ook ’n nagmerrie-opponent in sewesrugby, waarin hy ook soms Namibiese kaptein was. Volgens hom het hy ’n sterk ambisie om eendag afrigter van die nasionale sewesspan te word.
Maar vir eers wil hy met Rehoboth Rugbyklub ondervinding opdoen deur ’n verskil te maak by die klub saam met wie hy in 2009 die premierliga wentrofee omhoog gehou het, maar wat laas jaar sesde uit sewe spanne geëindig het.
“Ons sal definitief vanjaar beter wees. Ons het niks om te verloor nie en alles om te wen. Vir geen wedstryd sal ons die gunsteling wees nie, maar ons wil bietjie vuur maak en met ’n bietjie beter struktuur glo ek ons sal.”
ANDER SÊ
Philander het reeds by Rehoboth op die oefenveld ingeval vir die komende seisoen, wat hul jaarlikse Paasnaweek toernooi op 23 Maart sal insluit.
Marschell Diergaardt (spanbestuurder): “Zane Dentlinger, ons afrigter verlede jaar, studeer verder en was dus nie beskikbaar nie. David is reeds twee weke besig met die klub om die spelers fiks te kry. David glo ’n fikse span is ’n wenspan en daarom word geen genade op die veld betoon nie.
“Ons het geen speler verloor nie en baie nuwe jong spelers bygekry en ons verwag dat selfs die tweede span vanjaar ver gaan vorder. Ons nooi egter nog spelers wat wil aansluit om 19:00 op Maandae, Dinsdae en Donderdae by Rehoboth Hoërskool se rugbyveld aan te meld.”
Phil Davies (afrigter van Namibië): “Dis is jammer om te hoor dat David uittree, maar ek is bly hy raak in afrigting betrokke. Hy was altyd ’n baie passievolle speler en ek het dit altyd geniet om hom af te rig.
“David het oor jare ’n groot bydrae tot Namibiese rugby gemaak en ek glo dat die nasie en sy spanmaats waardering het vir wat hy gedoen het.
“Ek wens hom die beste toe in sy nuwe rol en sien uit daarna om saam met hom te werk om die volgende geslag spelers vir sy klub en die nasionale span te slyp.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie