Pick n Pay lê meer as 500 mense af
Die ekonomiese krisis in Namibië, wat deur die coronavirus-pandemie op die spits gedryf is, het nóg slagoffers geëis.
Pick n Pay in Namibië het pas bekend gemaak hy gaan meer as 500 werknemers aflê.
Dié kettingwinkelmaatskappy, wat aan die Ohlthaver & List-groep behoort, het 1 931 mense by sy 22 supermarkte in die land in diens. Die besturende direkteur van Pick n Pay, mnr. Graeme Mouton (foto), sê in 'n verklaring die langdurige ekonomiese insinking en verbruikers se kleiner bestedingsvermoë het die laaste vyf jaar 'n marginale tot negatiewe omset tot gevolg gehad, met verliese die laaste twee jaar.
Hy sê daar is met hersrukturering begin om die verliese te beperk en volhoubaarheid te verseker. Dit het vrywillige skeidingspakkette en vervroegde aftrede ingesluit.
Die aantal mense wat van dié aanbod gebruik gemaak het, was egter baie klein en gesprekke is begin oor afleggings, of alternatiewe maatreëls wat daarop gemik is om koste te sny sonder om werksgeleenthede te laat verlore gaan.
Volgens Mouton is gesprekke hieroor met die Namibië Voedsel- en Verwante Werkersunie (Nafau) begin en sekere voorstelle oor afgeskaalde voordele is gemaak, wat nie aanvaar is nie.
Hy sê die werknemers het deur hul vakbondverteenwoordigers en Nafau die maatskappy se voorstel van die hand gewys en gekies om eerder die afleggingsroete te volg.
Volgens Mouton beteken dit meer as 500 werknemers gaan hul werk verloor.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie