Pluk gerus jou geheuestokkie uit!
In die verlede was die risiko dat jou rekenaar op wisselvallige tye lukrake stukke inligting op jou geheuestokkie sou skryf.
William Horne – Almal het al die storie gehoor: Daar is ’n veilige manier om jou geheuestokkie van jou rekenaar te verwyder, en as jy nie al die stappe volg nie, gaan jy al jou data verloor. Of hoe?
Ná jare se teenstrydige inligting het Microsoft vandeesweek amptelik die saak reggestel: Jy kan werklik net jou geheuestokkie uittrek en absoluut niks sal fout gaan nie, berig The Verge.
Die sagtewarereus het bevestig Windows 10 het ’n ingeboude funksionaliteit genaamd Quick Remove wat verseker dat geen skade aan jou geheuestokkie aangerig kan word wanneer dit net uitgetrek word nie.
Die algemene boodskap is al sedert toeka se tyd dat verbruikers eers Safely Remove Hardware in ’n onderafdeling van ’n kieslys op die rekenaar moet vind en moet wag vir “toestemming” dat dit veilig is om die stokkie te verwyder.
Microsoft sê die probleem is eintlik al sedert die ou Windows 7-bedryfstelsel opgelos, maar is nou onfeilbaar.
In die verlede was die risiko dat jou rekenaar op wisselvallige tye lukrake stukke inligting op jou geheuestokkie sou skryf al was jy nie aktief besig met hom nie. Wanneer die stokkie tydens so ’n skryf-operasie onderbreek word, is daar ’n kans dat alle data op die skyf verlore kan gaan.
Windows 10-gebruikers wat minstens sedert Oktober ’n internetkonneksie gehad het om die verwante bywerking te ontvang, het nou outomaties ’n stelsel in plek wat verseker dat geen data op ’n geheuestokkie geskryf word as die gebruiker nie aktief besig is daarmee nie, berig The Washington Post.
Dit beteken solank jy nie die stokkie verwyder terwyl jy self besig is om inligting op die stokkie te laai nie, niks skade aangerig word nie.
Dink net aan die talle kosbare sekondes en frustrasie wat jy nou kan spaar. Of Ouma wel oortuig sal wees van die jongste feite, bly ’n ander saak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie