Ploegwerk op dreef
Boere word aangemoedig om vir rekordoeste gereed te maak.
Kenya Kambowe
Ná goeie reën die afgelope weke in die Kavango-Oosstreek, het sommige boere reeds begin om hul mahangu-lande vir plant voor te berei.
Republikein se susterkoerant Namibian Sun het die afgelope naweek opgemerk dat boere reeds hul mahangu-lande langs die Rundu-Divundu-pad begin omploeg het.
Hoewel baie boere verkies om vir dié doel van trekkers gebruik te maak, doen dié boere dit steeds op die tradisionele manier met behulp van osse.
Sommige boere het gesê hulle het hul lande weens die onlangse goeie reëns begin voorberei.
Hulle sê omdat reënval onvoorspelbaar is, is dit raadsaam om altyd so gou moontlik te begin ploeg.
“Ons is tevrede met die reën wat ons tot dusver ontvang het, en dit het aanleiding daartoe gegee dat ons begin ploeg het,” het een boer gesê.
In 'n onderhoud met Namibian Sun verlede maand het die Kavango-Oos goewerneur, mnr. Samuel Mbambo, boere aangemoedig om hul lande te ploeg en vir rekordoeste te mik.
Dít strook met Mbambo se gewilde projek, genaamd Operasie Werengendje, wat bestaansboere ondersteun in die produksie van kos vir eie gebruik, maar ook om te verkoop.
“Die tyd om lande voor te berei het inderdaad aangebreek – veral vir saaiboere. Deur Operasie Werengendje hoop ons mense sal hul eie kos produseer – selfs meer as wat hulle self kan eet, sodat hulle dit dalk kan verkoop en 'n inkomste kan verdien,” het Mbambo gesê.
Hy het gesê elk van die ses Kavango-Oos-kiesafdelings het tydens die vorige seisoen N$100 000 van sy kantoor ontvang.
Die geld is deur twee vismaatskappye, Fishcor and Namsov, beskikbaar gemaak.
Mbambo het gesê ná die oesseisoen het die boere daarin geslaag om mahangu ter waarde van N$1,7 miljoen aan die Agentskap vir Landboubemarking en -handel (Amta) te verkoop.
“Dit beteken die insetkoste was N$600 000 en die uitset was N$1,7 miljoen – 'n aanduiding van hoe suksesvol Operasie Werengendje is. Party mense verkoop steeds produkte aan Amta,” het Mbambo verduidelik.
Die goewerneur het van die geleentheid gebruik gemaak om 'n beroep op alle belangegroepe te doen om die boere te ondersteun sodat voedselsekerheid in die streek bevorder kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie