Plattelandse aptekers op hul knieë

26 March 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Verskeie apteke op die platteland moes noodgedwonge aan Psemas-pasiënte sê hulle kan nie meer hul voorskrifte dispenseer nie, omdat hulle maande laas deur die staat vir eise uitbetaal is. Die apteke is oraloor in die land en is aan die kus, die Noorde en die Suide geleë. Die apteke het in Januarie vanjaar laas ‘n betaling ontvang van eise wat ingedien is.

In een geval is Psemas-pasiënte 70% van die apteek se kliëntebasis en sluit dit verskeie staatsamptenare en ook bejaardes in.

“Die laaste kontant wat ek het, is die bietjie voorraad op my rakke. Verlede Dinsdag was die enigste geld wat ek gehad het, die medisyne wat ek in die eerste week in Januarie gekoop het toe ek deur Psemas betaal is,” het een apteker gesê. Volgens hom is dit ‘n kwessie van twee apteke wat duisende staatsamptenare vir drie maande met medikasie finansier.

Volgens hom finansier die private apteker nou die staat se pasiënte vir hulle tydens ‘n oorbruggingsperiode van drie maande.”

“Die blote volume van staatspasiënte kan ek nie meer dra nie.”

Baie van die aptekers moet noodgedwonge geld gaan leen of vir oorbruggingsfinansiering vra. Die apteke se limiet by verskaffers raak ook vol en hul verloor voordele soos afslag en ‘n terugkeerbeleid vir medikasie omdat hulle nie hul rekeninge by verskaffers kan vereffen nie.

Een apteker het gesê hy het tot die punt gekom waar hy nie meer die kontant het om medikasie te koop nie.

“Dit wat fisies op my rak staan, is al wat ek oor het,” het hy gesê.

Hy het verwys na veral MIV-positiewe pasiënte wat lewensnoodsaaklike medikasie moet drink en wat ook in die hoërisikogroep vir Covid-19 weens hul verswakte immuniteit val.

“Hul lewe hang van die medikasie af. As hy byvoorbeeld N$50 het, gee ek vir hom een van die pille wat hy moet drink, so maak ek elke keer as hy kontant vir dit kan betaal. As so ‘n persoon Covid-19 kry, wie se verantwoordelikheid was dit as hy nie sy medikasie kry nie?”

Met die kontant wat in die apteker se kasregister is, gaan hy bank toe om sy verskaffer daarmee te betaal en medikasie “net vir dié bedrag” te koop.

Volgens hom kan Psemas-pasiënte nie verstaan waarom hulle nie hul medikasie kan kry nie, want “my payslip wys hulle het my paaiement afgetrek”.

Hy beklemtoon dit gaan glad nie daaroor om staatspasiënte of Psemas te blok nie.

“Ek het net nie die medikasie om op skuld vir jou te gee nie, ek trade in dit wat ek het,” het hy gesê.

Hy sê ook Psemas kom nie sy kontrakverpligtinge na nie, terwyl aptekers op hul beurt geen uitstel van onder meer die indien van belastingopgawes kry nie.

Intussen het ‘n pensioenaris en Psemas-lid wat op die platteland bly, gesê hy moet nou noodgedwonge 70 km ver na die naaste dorp ry om maandeliks sy chroniese medikasie by ‘n ander apteek te kry.

“Dit is medikasie wat ek moet hê, wat nog van griepmedikasie,” het hy gesê. Volgens hom is daar buiten baie bejaardes op die dorp waar hy woon, ook baie Psemas-pasiënte.

“Wat van die wat nie oor vervoer beskik nie? Van die ou mense moet die bietjie pensioen wat hulle kry vir vervoer gebruik. Wat gebeur as die virus hier uitbreek?”

Die nuwe minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi het teen druktyd nie op navrae gereageer oor waarom die Psemas-betalings vertraag is nie en wanneer daar wel weer met betalings begin sal word. – [email protected]

Soortgelyk

 

Hoofstad onder inperking

11 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

11 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

11 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....

Vyf huurvlugte neem Europeërs na Duitsland

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - ’n Totaal van 2 039 Europeërs en Britte wat in Namibië met vakansie was of hier werk, het sedert die naweek op...

‘Koop asseblief bedagsaam’

11 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh – Kort voor Namibië se Khomas- en Erongostreek gehok is, was supermarkte en apteke in die hoofstad ’n stormloop van paniekerige kopers. Dít...

Hulp vir bejaardes

11 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Deon de Waal (58) het ’n beroep op sosiale media gedoen dat mense bo 70 wat tans midde die coronakrisis hulp...